Huis Horison is geleë op 14.47 Ha gronde op die buitewyke van 'n residensiële buurt, aangrensend aan die omliggende plase. Ons lang-termyn visie is om die eienskappe van die terrein ten volle te benut en ontwikkel, en die natuurskoon te herstel en bewaar, ter voordeel van die inwoners en dagwerkers by Huis Horison en ander, as deel van ons oorhoofse Ekoterapie program.
Tot op hede is een van ons grootste uitdagings die feit dat ons eiendom nie omhein is nie, en die sentrum blootstel aan diefstal, vandalisme, storting en stroping. Dit bedreig die veiligheid van almal op die perseel en mors skaars geld om te herstel. Die ontsaglike koste vir ‘n heining is egter onbekostigbaar vir ‘n nie-winsgewende sentrum.
Daarom is dit ‘n groot aankondiging dat ons die nodige ondersteuning ontvang het om 'n buiteheining om die gronde op te rig in 2022.
Dit sal ons toelaat om die Huis Horison omgewing te bewaar sodat ons inwoners die buitelug kan ervaar en konnekteer met die natuur, tesame met die terapeutiese voordele daarvan. Daarmee saam sal ons:
- Groente, kruie en plante verbou as deel van ons Agri-tuinbou program.
- Indringer plante uitwis, en inheemse bome en plantegroei aanplant en beskerm.
- Die groen afval versnipper en benut vir ons tuine, en die bou van ‘n stappad. Lees meer oor die stappad hier. https://www.huishorison.org.za/af/our-future/
Om 'n veilige omgewing te skep en sodoende, die volle potensiaal te ontgin uit die beskikbare area. Ten einde:
- dat ons inwoners die area ten volle kan benut, deur middel van 'n Ekoterapie program wat insluit (maar nie beperk is tot) hortikultuur terapie, bewaringsaktiwiteite, oefening in 'n natuurlike omgewing, omgewingssorg en onderhoud, natuur meditasie, diere ondersteunde terapie, met 'n klem daarop om 'n genesende en verwelkomende plek vir almal te skep.
- om ‘n positiewe bydrae te lewer tot die herstel van die omgewing en beskerming van die inheemse natuurskoon
- verdere ontwikkeling van die infrastruktuur om voorsiening te maak vir 'n wyer verskeidenheid van gestremde persone.
- die sentrum ander gestremde en bejaarde persone van die gemeenskap kan verwelkom.
Ons benodig nog steeds fondse om die aangrensende Vleiland te omhein, daarom vra ons dat u gerus ‘n bydrae maak, groot of klein, deur EFT, of aanlyn donasie te maak. Kliek hier om te skenk.