Skip to main content

Huis Horison se prioriteite vir die toekoms is soos volg:

 

  • Finansiële volhoubaarheid en sekuriteit
  • Volhoubare ontwikkeling sodat ons mense met 'n primêre intellektuele gestremdheid holisties kan versorg van vroeë volwassenheid tot aan die einde van hul lewe
  • Herstel van die omgewing en omvattende ontwikkeling van die terrein
  • Die betrokkenheid van die hele gemeenskap by alle fasette van die sentrum
  • Algemene welsyn en ontwikkeling van 'n positiewe lewenstyl vir die inwoners
  • Die uitbou en optimalisering van werkareas en lewensvaardighede

Ons nooi u om deel te word van ons langtermyn visie en om betrokke te raak in enige van die onderstaande projekte.

CLICK HERE TO VIEW VIDEO 

Kontak ons gerus vir meer inligting oor hoe om betrokke te raak: bemarking@huishorison.org.za

Huis Horison is geleë op die buitewyke van 'n residensiële buurt, aangrensend aan die omliggende plase. Die sentrum se naam was selfs afgelei van die inspirerende uitsigte op die omliggende natuurskoon. Ons visie is om die eienskappe van die 14.47 Ha gronde ten volle te benut, ter voordeel van die inwoners en dagwerkers by Huis Horison.

Doelwitte

Om 'n veilige omgewing te skep en sodoende, die volle potensiaal te ontgin uit die beskikbare area. Ten einde:

  • dat ons inwoners die area ten volle kan benut, deur middel van 'n Ekoterapie program wat insluit (maar nie beperk is tot) hortikultuur terapie, bewaringsaktiwiteite, oefening in 'n natuurlike omgewing, omgewingssorg en onderhoud, natuur meditasie, diere ondersteunde terapie, met 'n klem daarop om 'n genesende en verwelkomende plek vir almal te skep.
  • verdere ontwikkeling van die infrastruktuur om voorsiening te maak vir 'n wyer verskeidenheid van gestremde persone.
  • die geleentheid te skep om nuwe fondsinsamelingsbyeenkomste te hou op ons gronde, sonder om die daaglikse aktiwiteite van die sentrum te beinvloed.
  • die sentrum ander gestremde en bejaarde persone van die gemeenskap kan verwelkom.

Security Fencing – Watercourse

The 3 Ha area under the dam next to Huis Horison’s grounds, has been classified by Cape Nature as a “Watercourse” and is of critical importance for supporting the functioning of Protected Areas and Critical Biodiversity Areas. The end of the project promises to be a wonderful, educational, and proud nature experience in the middle of our neighbourhood, but we need your help.

‘Wetland fencing’ – from dam to Devon Valley rd
Distance: ± 850m. R1 900 000

You can help! Sponsor a meter of Fencing

Donate via GivenGain

Stappad

Die oppervlakte van die perseel laat toe vir die skepping van 'n wandelpad vir mense met verskillende beweeglikheid, om die omgewing te geniet. Die stappad sal ontwerp word vir persone met spesiale behoeftes en sluit in 'n rolstoel-toegangklike roete sowel as 'n tas-en reuk roete vir mense met verswakte sig.

Die volle roete sal tot 5km lank wees, en daarom sal inwoners en dagwerkers dit kan gebruik vir oefening, en om die buitelewe te geniet. Dit kan ook benut word vir fondsinsameling en aktiwiteite om die breër gemeenskap te betrek.

Deur plaaslike kunstenaars te betrek, wil ons buitelug kunswerke op verskeie ruspunte op die roete plaas wat die uitsigte en elemente van die omgewing te inkorporeer as deel van die meditatiewe tog, en sodoende die kuns toeganklik maak vir gestremdes.

So 'n stappad, met al sy kenmerke, sal toeganklik wees vir ander gestremdes en bejaardes van die omliggende gemeenskap.

The first part of the trail (phase 1 and 2 of the “forest path” -157m)  has been created. The next step is for this path to be paved.

  • Phase 1 (65m) Paving – R59 150
  • Phase 2 (110m) Paving – R100 100

(Spec: Autumn Clay Pavers (50mm thick) with rustic colour border on 50 mm thick sub-base layer)

 

Kapel

Spiritualiteit speel 'n belangrike rol as deel van ons holistiese benadering tot sorg, om 'n meer betekenisvolle bydrae to die lewe te bied. In moeilike tye kan eenvoudige rituele kalmeer en gerusstel. Ons wil 'n spasie skep waar die daaglikse druk van prestasie uitgebalanseer kan word deur die aanmoediging van bewustheid en gerustheid.

(Grootte 180m2 = ongeveer 150pax)

 

Vleiland restourasie

Bo en behalwe die bestaande gronde, is die aangrensende vleiland van ongeveer 25 000m2 toegestaan aan Huis Horison sodat dit bewaar en benut kan word vir 'n goeie doel: Om dit te omhein, 'n stappad te bou met 'n voëluitkykpunt, om die inheemse bome en plantegroei te beskerm en die indringer plantegroei uit te wis.

Actions: To remove alien vegetation,  removal/chipping of green waste, restoration of indigenous plants/trees. Path layout and construction of boardwalk.

Agri Skuur

Ons benodig 'n losstaande grootstoor vir die stoor van toerusting wat gebruik word in ons agri en tuinbou programme.

 

Swembad Omheining

Die swembad is een van die sentrale areas in die sentrum, en 'n bron van ontspanning en sosiale aktiwiteit. Die swembad word ook ingespan vir gestruktureerde aktiwiteite en groep oefen sessies. Die bestaande heining om die swembad is oud en geroes, en ons benodig 'n nuwe heining en hekkies.

 

Kombuis Uitbreiding en Opgradering

Die kombuis is die hartjie van die huis, en dit is ook net so by Huis Horison. Die sentrale kombuis sorg vir al die voeding en spysenieringsbehoeftes van die sentrum en dit is waar al die inwoners en dagwerkers hul daaglikse etes geniet.

Met die uitbreiding van die sentrum, benodig ons addisionele spasie vir nog 30 persone en wil daarom die eetsaal uitbrei met ongeveer 36m2.

Daarbenewens word die kombuis daagliks gebruik en sal dit baat om vergroot en opgegradeer te word ten einde kapasiteit te verbeter:

  • Uitbreiding van kombuis met 30m2
  • Opgradeer kombuis (struktuur en afwerkings)
  • Om sekere bestaande kombuistoerusting te vervang

Sentrale Lapa

'n Sentrale lapa sal dien as 'n gemeenskaplike spasie waar inwoners bymekaar kan kom en sosialiseer, wat bydraend is tot 'n genormaliseerde omgewing waar almal deel kan voel van 'n familie en 'n huis. Inwoners van die verskillende wooneenhede kan intigreer en die genot ervaar om op 'n vuur te sit, en aktwiteite soos stories en musiek luister, en marshmallows braai te geniet.

Klein wooneenhede

In die noordwestelike hoek van die perseel beoog ons om 'n versameling klein wooneenhede, ontwerp vir mense met spesiale behoeftes te ontwikkel. Nie alle individue funksioneer optimaal in groepe of in besige, raserige omgewings nie. Daarom sal onafhanklike wooneenhede ideaal wees vir hul behoeftes. Beweging tussen die wooneenhede en die sentrum kan dmv die stappaaie geskied - met 'n ekoterapeutiese aanslag.

Spesiale Sorgeenheid

Huis Horison is al in 1974 gestig, wat ongelukkig ook beteken dat 'n groep van ons inwoners verouder, en die behoefte aan psigiatriese en verswakte sorg word meer. Persone met 'n intellektuele gestremdheid ontwikkel gewoonlik dementia vroeër as in normale persone. Ons visie is om 'n eenheid te stig waar hulle versorg kan word, in vennootskap met ander instelling/s.

afAfrikaans