Skip to main content

Gereelde vrywilligers

As jy graag meer persoonlik wil betrokke raak by ons inwoners en dagwerkers in hul daaglikse werkareas, en graag jou tyd op 'n gereelde basis wil gee, is daar geleenthede om jou vaardighede toe te pas in een van die werkareas.

We currently need help in our WOODWORK department and welcome any volunteers for this area.

Ons het gereelde vrywilligers wat al vir jare deel van die sentrum is, en diep betrokke geraak het in die lewens van ons inwoners.

Kontak ons gerus om te bespreek waar jy graag jou vaardighede wil toepas.

Doen fondsinsameling

Be the change.

Is jy 'n goeie sportman of sportvrou? Gaan jy deelneem in 'n groot resies? Of het jy 'n spesiale verjaarsdag wat opkom? Begin jou eie veldtog en samel fondse in vir 'n goeie saak.

Skep 'n veldtog op Givengain, en vra jou vriende en familie om jou te borg, of om geld te skenk vir liefdadigheid in plaas van 'n geskenk.

Elke bietjie wat ingesamel word vir Huis Horison, maak 'n verskil in die lewens van ons inwoners en dagwerkers, en help hulle om 'n holistiese lewe te kan lei - iets wat meeste mense daagliks as vanselfsprekend aanvaar.

Donate via GivenGain

Volunteer Application Form

Please fill in our Volunteer Application form and we will contact you.

Individual Volunteer Application FormGroup Volunteer Application Form

Verleen hulp by ons funksies

Sluit aan by die Vriendekring

The Circle of Friends consists of parents, family members and friends of the residents, as well as members of the general public who are actively involved with projects and functions at the centre. They assist by helping to organise and host stalls at the fête, help at the golf day or volunteer their skills at any one of our other functions.

HELPERS NEEDED SATURDAY 4 NOVEMBER 2023:

  • Baking Pancakes on 4 November and /or 19 November 2023
  • General help at any of the stalls
  • Helpers and Marshals at the Trail Run (for Early Birds)
  • Help in our bakery from 16 Oct to 17 Nov 2023

As jy passievol is oor fotografie, ontwerp, sport, 'n kosliefhebber of meer, kom leef jou passie uit terwyl jy 'n verskil maak. Kontak bemarking@huishorison.org.za om betrokke te raak.

Verkondig ons saak

Vriendskapsbefondsing

Indien jy nie lid van Huis Horison se Vriendekring wil word nie, kan jy nogtans 'n waardevolle vriend word. Deur vriendskapsbefondsing kry mense wat reeds Vriende van Huis Horison is, die geleentheid om meer nuwe vriende te werf wat by ons betrokke kan raak en ons kan ondersteun. Die kern van vriendskapsbefondsing is dat vriende omsien na vriende of 'n saak wat hulle graag wil ondersteun. Vriende kan die volgende doen:

  • Op die hoogte van ons doen en late bly deur gereelde kommunikasie (soos e-pos en nuusbriewe)
  • Voornemende nuwe vriende deur 'n brief of e-posbrief uitnooi om 'n vriend te word
  • 'n Ete vir 10 tot 20 vriende aanbied waar ons 'n kort aanbieding kan doen en die gaste meer oor Huis Horison kan vertel
  • Betrokke raak deur direk geld in 'n trust te belê sodat Huis Horison uit die opbrengs kan baat.

Hoe om 'n vriend van Huis Horison te word: Word 'n Vriend van Huis Horison en ons hou jou ingelig oor nuus en gebeure by Huis Horison. Jy sal ook ons gratis nuusbrief ontvang. Kontak bemarking@huishorison.org.za vir meer inligting.

 

afAfrikaans