Skip to main content

Borg 'n persoon met 'n primêre intellektuele gestremdheid

Huis Horison het 17 sorgbehoewende inwoners wat finansiele hulp benodig. Hulle het geen ondersteunings basis (soos familie of versorgers), en kan nie self 'n finansiele bydrae maak tot hul maandelikse onkostes nie. Hulle is geheel en al afhanklik van die sentrum as 'n tuiste.

13 van die inwoners woon al vir oor die 20 jaar, en een van hulle woon al by Huis Horison vanaf die dag dat die deure oopgemaak het in 1974, en hierdie is die enigste tuiste wat hulle ken.

Die residensiële sorg by Huis Horison is hoogs gespesialiseerd in die holistiese sorg van mense wat primêr intellektueel gestremd is. As ons nie voortgaan om hierdie individue te huisves en te versorg nie, sal hulle nêrens heen kan gaan nie, waar hulle die nodige sorg kan ontvang nie. Hulle sal nie kan oorleef nie, want hulle is kwesbaar en kan nie vir hulself sorg nie.

Ons benodig finansiële ondersteuning om na hierdie groep om te sien.

U maandelikse skenking van R8 900, of 'n eenmalige jaarlikse betaling van R106 800 (2026-2027), sal help om een ​​persoon se basiese lewenskoste vir 'n jaar te dek, en te verseker dat hulle holisties versorg sal word, waar aan hul individuele behoeftes voldoen word, waar hulle tot hul volle potensiaal as individue kan ontwikkel, en 'n beter, meer betekenisvolle en waardige lewe kan lei.

Donasies is aftrekbaar van belasting en u sal voorsien word met 'n Artikel 18A belastingsertifikaat vir u skenking.

Kontak asb bemarking@huishorison.org.za

 

afAfrikaans