Hierdie groep, met liefde bekend as die "Green Team", is voortdurend besig in die tuine en oor die landgoed, en neem verantwoordelikheid vir alle aspekte van die tuine en terrein rondom die Sentrum.
Hulle onderhou bestaande plante, beddings en grasperke, plant nuwe plante vir almal se plesier.
Hierdie span is ook betrokke by die produsering van die hout "chips". Met die omheining rondom die eiendom wat in 2023 voltooi is, kan ons nou fokus op die ontwikkeling van die 14.18Ha tot voordeel van al ons inwoners en dagwerkers. Ons doel is om dit meer toeganklik te maak met die uitbreiding van wandelpaaie, maar die eerste stap is die verwydering van uitheemse plantegroei en die ontwikkeling van 'n meesterplan vir die eiendom.