Skip to main content

'n Tuiste vir mense met 'n primêre intellektuele gestremdheid
Horizon House is a residential and sheltered-employment centre in Stellenbosch specialising in the holistic care of people with a primary intellectual disability. Established in 1974, the centre is located on a smallholding on the slopes of Papegaaiberg Mountain on the outskirts of the town. The centre can house and care for 134 people. We provide employment to all the residents as well as 30 day workers.

Die inwoners het 'n behoefte aan omgee, groei, eiewaarde, sosialisering en verhoudings. Hulle het ook drome en hulle wil graag dinge doen. Maar hulle is weerloos. Daarom het hulle 'n geborge omgewing nodig waarin hulle tot hul reg kan kom.

Werkverskaffing
Ontwikkeling en werk gaan hand aan hand, en daarom word die inwoners volgens hul intellektuele vermoëns en belangstellings by een van nege werkareas ingedeel. Só kan hulle deur handwerk, herwinning, herstelwerk, instandhouding, kosmaak en tuinwerk of iets anders in 'n beskutte omgewing werk en 'n sinvolle bydrae lewer. Terselfdertyd bied die werkareas terapeutiese waarde en al die voordele van 'n volwaardige werk – diensbaarheid, erkenning, trots, eiewaarde, sosiale samesyn, lewensgehalte en hoop. Daar is ook dagwerkers uit die omgewing wat by die inwoners aansluit.

Help ons
Holistiese en kliëntgesentreerde hulp en ondersteuning word verskaf deur die personeel van Huis Horison, instrukteurs, mediese personeel en 'n maatskaplike werker. Daar word omgesien na hul ontspanning, geestelike behoeftes en persoonlike ontwikkeling. Ons ondersteun ook hul ouers en families.

Befondsing
Huis Horison is 'n maatskappy sonder winsbejag wat vir sy eie befondsing verantwoordelik is. Om die sentrum finansieel volhoubaar te kan bedryf en ons voortbestaan te verseker, moet ons ons inkomste uit residensiële fooie aanvul deur donasies, vriendskapsbefondsing, verkope, fondsinsamelings en nalatenskappe uit testamente. Dit is waarom ons op die steun van gesinne, families en die welwillendheid van die gemeenskap staat maak en waarom noue skakeling met al ons belanghebbers so belangrik is.

afAfrikaans