Skip to main content
 
 
 

Huis Horison

Ons staan op vir hul drome

 

Ons Toekoms

Help ons om die droom te bewaarheid

 

Huis Horison

Ons staan op vir hul drome

 
 

Huis Horison

Ons staan op vir hul drome

 

Huis Horison

Ons staan op vir hul drome

1
1

Huis Horison is 'n residensiële en beskuttewerk-sentrum in Stellenbosch wat op die holistiese versorging van mense met 'n primêre intellektuele gestremdheid fokus.

Die sentrum, wat op 'n kleinhoewe aan die voet van Papegaaiberg in die buitewyke van Stellenbosch lê, is in 1974 gestig en kan 102 mense huisves en versorg. Ons verskaf werk aan al die inwoners en 35 dagbesoekers.

Die inwoners het 'n behoefte aan omgee, groei, eiewaarde, sosialisering en verhoudings. Hulle het ook drome en hulle wil graag dinge doen. Maar hulle is weerloos. Daarom het hulle 'n geborge omgewing nodig waarin hulle tot hul reg kan kom.

Die inwoners word volgens hul intellektuele vermoëns en belangstelling by een van tien werkareas ingedeel. Só kan hulle deur handwerk, herwinning, herstelwerk, kosmaak, tuinwerk of iets anders in 'n beskutte omgewing werk en 'n sinvolle bydrae lewer. Terselfdertyd bied die werkareas terapeutiese waarde en al die voordele van 'n volwaardige werk – eiewaarde, erkenning, trots, sosiale samesyn, lewensgehalte en hoop.

Holistiese en kliëntgesentreerde diens word verskaf deur die personeel van Huis Horison, instrukteurs, mediese personeel en 'n maatskaplike werker. Daar word omgesien na hul ontspanning, geestelike behoeftes en persoonlike ontwikkeling. Ons ondersteun ook hul ouers en families.

Huis Horison is 'n maatskappy sonder winsbejag wat vir sy eie befondsing verantwoordelik is. Om die sentrum finansieel volhoubaar te kan bedryf, moet ons ons inkomste aanvul deur donasies, fondsinsamelings, funksies, verkope en nalatenskappe uit testamente.

Ontvang ons nuusbrief

Ons nooi u om met ons gekonnekteer te bly.

Ons is opgewonde om ons nuus te deel, en hoe u 'n vlam van hoop kan wees vir mense wat nie sinvol kan leef sonder ondersteuning nie. U sal ons nuusbrief (twee maal per jaar), en nuus van ons geleenthede deur die loop van die jaar ontvang.

Skenk nou

Ons voortbetstaan is danksy u goedhartigheid en finansiële hulp. Dit is maklik om te skenk. Skenk eenmalig, maandeliks of bemaak iets in jou testament.

Go to Donate Page

Gee jou tyd

Kontak ons gerus indien jy betrokke wil raak by Huis Horison. Daar is 'n verskeidenheid geleenthede waar ons die hulp van vrywilligers benodig.

Word 'n vrywilliger

Kalender

Ons staan bekend vir ons funksies, wat instellings is op die jaarlikse kalender, en 'n groot rol speel in die insameling van fondse. Moet hulle nie misloop nie.

See events
Huis Horison
10th Desember 2024

'n Jaar van Move and Groove

A year of Move and Groove!   Another highlight in 2024 was all the new and creative therapeutic interventions. The “Let’s Get Moving” initiatives provide a variety of different opportunities for…
Uncategorised
10th Desember 2024

Highlights 2024: Landscape and Terrain

Hoogtepunte  2024: Landskap en Terreindienste   Die terreinprojekte het oor die laaste paar maande van 2024 ‘n groot verskil gemaak aan die voorkoms van die sentrum.  Eetsaal Die kombuis is die…
Uncategorised
10th Desember 2024

Belangrike Datums 2025

2025 BELANGRIKE DATUMS Residensieël en Werkareas 06 Januarie – Werkareas open 27 April – Vryheidsdag 22 Augustus - Village Vrydag 06 – 10 Januarie – Terugkeer afsprake 01 Mei –…
Huis Horison
28th Augustus 2024

Algemene Jaarvergadering - 19 Sept 2024

The Huis Horison Annual General Meeting is being held on Thursday 19 September 2024 at 18h00 at the centre in Disa, ground floor. We welcome all members and interested parties…

Reg om te help?

Help ons om vir hul te sorg.

Skenk nouDoen fondsinsameling
afAfrikaans