Skip to main content
 
 
 
 
 
 

Huis Horison

Being. Belonging. Becoming.

 

Ons Toekoms

Help ons om die droom te bewaarheid

 

Huis Horison

Being. Belonging. Becoming.

 

Huis Horison

Ons staan op vir hul drome

 

Huis Horison

Ons staan op vir hul drome

1
1

Huis Horison is 'n residensiële en beskuttewerk-sentrum in Stellenbosch wat op die holistiese versorging van mense met 'n primêre intellektuele gestremdheid fokus.

Die sentrum, wat op 'n kleinhoewe aan die voet van Papegaaiberg in die buitewyke van Stellenbosch lê, is in 1974 gestig en kan 102 mense huisves en versorg. Ons verskaf werk aan al die inwoners en 35 dagbesoekers.

Die inwoners het 'n behoefte aan omgee, groei, eiewaarde, sosialisering en verhoudings. Hulle het ook drome en hulle wil graag dinge doen. Maar hulle is weerloos. Daarom het hulle 'n geborge omgewing nodig waarin hulle tot hul reg kan kom.

Die inwoners word volgens hul intellektuele vermoëns en belangstelling by een van tien werkareas ingedeel. Só kan hulle deur handwerk, herwinning, herstelwerk, kosmaak, tuinwerk of iets anders in 'n beskutte omgewing werk en 'n sinvolle bydrae lewer. Terselfdertyd bied die werkareas terapeutiese waarde en al die voordele van 'n volwaardige werk – eiewaarde, erkenning, trots, sosiale samesyn, lewensgehalte en hoop.

Holistiese en kliëntgesentreerde diens word verskaf deur die personeel van Huis Horison, instrukteurs, mediese personeel en 'n maatskaplike werker. Daar word omgesien na hul ontspanning, geestelike behoeftes en persoonlike ontwikkeling. Ons ondersteun ook hul ouers en families.

Huis Horison is 'n maatskappy sonder winsbejag wat vir sy eie befondsing verantwoordelik is. Om die sentrum finansieel volhoubaar te kan bedryf, moet ons ons inkomste aanvul deur donasies, fondsinsamelings, funksies, verkope en nalatenskappe uit testamente.

Ontvang ons nuusbrief

Ons nooi u om met ons gekonnekteer te bly.

We’re excited to share our news, and ways that you can be a beacon of light to people who cannot live a meaningful life without assistance.

* Vereisde veld

Intuit Mailchimp

Skenk nou

Ons voortbetstaan is danksy u goedhartigheid en finansiële hulp. Dit is maklik om te skenk. Skenk eenmalig, maandeliks of bemaak iets in jou testament.

Go to Donate Page

Gee jou tyd

Kontak ons gerus indien jy betrokke wil raak by Huis Horison. Daar is 'n verskeidenheid geleenthede waar ons die hulp van vrywilligers benodig.

Word 'n vrywilliger

Funksies

Ons staan bekend vir ons funksies, wat instellings is op die jaarlikse kalender, en 'n groot rol speel in die insameling van fondse. Moet hulle nie misloop nie.

See events
Huis Horison
28th Augustus 2026

Algemene Jaarvergadering 2026

We kindly invite you to the 2026 Annual General Meeting of Huis Horison Date:  Thursday, 17 September 2026 Time: 18h00 Venue: Huis Horison, Disa, ground floor. The following documents are…
Huis Horison
25th Augustus 2026

Village Thyme - ’n betekenisvolle plek

When Village Thyme opened its doors on 6 June 2026, we were super excited about the launch of our very own shop. We always knew that we needed a welcoming…
Uncategorised
28th Julie 2026

Padel for Purpose – Thank You

We are super grateful to everyone who took part in this year's Padel for Purpose tournament. The players gave it all they had, and the atmosphere was warm, friendly and…
Uncategorised
30th Junie 2026

Where to Buy our Free Range Eggs

Order directly from us by filling in this form Buy from Village Thyme (Open Wednesdays to Saturdays) Buy retail from Kwikspar Paul Roos Order for delivery, together with other great…

Reg om te help?

Help ons om vir hul te sorg.

Skenk nouDoen fondsinsameling
afAfrikaans