Skip to main content

Kermis 2026 – Ons harte loop oor van dankbaarheid. 

By 12th November 2026#!30Ma, 16 Nov 2026 09:28:21 +0200+02:002130#30Ma, 16 Nov 2026 09:28:21 +0200+02:00-9Africa/Johannesburg3030Africa/Johannesburg202630 16vm30vm-30Ma, 16 Nov 2026 09:28:21 +0200+02:009Africa/Johannesburg3030Africa/Johannesburg2026302026Ma, 16 Nov 2026 09:28:21 +02002892811vmMaandag=506#!30Ma, 16 Nov 2026 09:28:21 +0200+02:00Africa/Johannesburg11#November 16th, 2026#!30Ma, 16 Nov 2026 09:28:21 +0200+02:002130#/30Ma, 16 Nov 2026 09:28:21 +0200+02:00-9Africa/Johannesburg3030Africa/Johannesburg202630#!30Ma, 16 Nov 2026 09:28:21 +0200+02:00Africa/Johannesburg11#Uncategorised

Wat ’n naweek! Wat ’n Kermis! En bowenal, wat ’n ongelooflike gemeenskap!

Aan elke vrywilliger, borg, skenker, personeellid, besoeker, en vriende – BAIE, BAIE DANKIE!

Elke jaar bring nuwe uitdagings, nuwe lesse en nuwe hoogtepunte. Vanjaar was geen uitsondering nie! Met ’n nuwe terreinuitleg, ’n uitdagende ekonomie en ander groot geleenthede in die omgewing, moes ons soms behoorlik planne maak. Maar een ding het weer eens uitgestaan, die ongelooflike krag van ’n gemeenskap wat saamstaan!

Ons is dankbaar dat ons, ten spyte van die uitdagings, bykans dieselfde inkomste as verlede jaar kon behaal. Maar die ware sukses van ons Kermis lê in soveel meer as net die geld wat ingesamel word. Dit lê in die opkoms, die feestelike atmosfeer, die gelag, die samesyn van families en vriende, en die bereidwilligheid van mense om hande te vat vir ’n groter doel. Dít is iets wat geen geld kan koop nie!

Dankie aan elkeen wat op enige manier bygedra het om van ons Kermis ’n sukses te maak. Groot of klein, elke bydrae het ’n verskil gemaak.Want by Huis Horison gaan dit nie net oor wat ons insamel nie, maar oor wat ons saam moontlik maak.

Uit die diepte van ons harte, DANKIE dat julle deel is van ons Huis Horison familie!

Horison Challenge Veldwedloop

Weerens het ons ‘n suksesvolle veldwedloop gehad, en wil dankie sê vir al die harlopers wat kom deelneem het!

Ons bedank ook al ons borge asook Middelvlei waar die pragtige roete kon deurgaan. 

KLIEK HIER VIR RESULATE

 

Potjiekos Kompetisie

Dankie an almal wat deel geneem het! Die geesdrif en bobaas potjies het ‘n groot bydrae aan die dag gemaak. Welgedaan aan ons wenners wat hulle kook vernuf bewys het:
• 1ste Cape to Casablanca – Moroccan Lamb
• 2de K- Pot – Koreaanse Dakdoritang
• 3rde BoBaasBoffins -Shortrib Puttanesca

 

 

afAfrikaans