Skip to main content

'n Lewenslange Tuiste.

Vir meer as 52 jaar is Huis Horison ’n volwaardige tuiste vir volwassenes met intellektuele gestremdhede. Hier word elke inwoner erken as 'n unieke individu met vermoëns, drome, vriendskappe en ‘n toekomsvisie.

Omring deur besorgde personeel en 'n ondersteunende gemeenskap, kry hulle die geleentheid om werklik te floreer.

Hierdie is nie tydelike sorg nie, dit is ’n lewenslange verpligting.

Om vir die groep te sorg is die hart van ons missie, maar plaas ook beduidende druk op ons finansiële volhoubaarheid. ‘n Gereelde maandelikse inkomste rus ons toe om die gespesialiseerde sorg, terapeutiese dienste en ontwikkelingsprogramme bied wat hulle nodig het.

Sluit aan by die Thrive Tribe

Ons benodig jou hulp. As jy glo dat mense met intellektuele gestremdhede die geleentheid verdien om 'n betekenisvolle en vervullende lewe te lei, oorweeg asseblief om op te teken vir 'n maandelikse skenking wat jou eie sak pas. Jy help voorsien aan hulle ’n toekoms waar elkeen se menswaardigheid erken word deur onvoorwaardelike aanvaarding (being), inklusiwiteit (belonging), en waagmoed (becoming).

Sluit aan by die Thrive Tribe
afAfrikaans