“There can be no greater gift than that of giving ones time and energy to help others without expecting anything in return ” ~ Nelson Mandela
Wat is Mandela-dag? Op 18 Julie elke jaar nooi ons jou om Internasionale Mandeladag te vier deur 'n verskil in jou gemeenskap te maak. Almal het die vermoë en die verantwoordelikheid om die wêreld ten goede te verander! Mandeladag is 'n geleentheid vir almal om tot aksie oor te gaan en verandering te inspireer.
We always welcome your help!
By Huis Horison glo ons in die krag van gemeenskap en om terug te gee. As deel van ons komende inisiatief vir Mandela dag is ons trots om twee ongelooflike organisasies te ondersteun: Mama Themba en die Animal Welfare Society Stellenbosch (AWSS).
Mama Themba is ’n Suid-Afrikaanse uitreikprogram wat ondersteuning aan swanger vroue en nuwe moeders bied. Hulle missie is om bababenodigdhede, emosionele ondersteuning en ouerskapsopleiding te voorsien. Gepas is die naam Mama Themba wat beteken “Moeder van Hoop” in isiXhosa. Skenkings van doeke, babaklere, komberse, sanitêre produkte, voedingsondersteuning of finansiële bydraes word opreg waardeer.
Animal Welfare Society Stellenbosch (AWSS) lê Huis Horison baie na aan die hart. Baie van ons inwoners besoek hulle gereeld vir diereterapie, en ons sien daagliks die vreugde en genesing wat dit bring. AWSS doen wonderlike werk om diere in nood te help. Skenkings van dierekos, komberse, ou koerante, speelgoed of finansiële bydraes sal ’n groot verskil maak.
Indien jy graag hierdie betekenisvolle in initiatiewe wil ondersteun, bring asseblief jou skenkings na Huis Horison. Elke bydrae, hoe klein ook al, maak ’n verskil.