Skip to main content

In hierdie area word 'n groot verskeidenheid produkte vervaardig met naaldwerk, borduurwerk, hekel, brei en meer. Alles wat geproduseer word, is handgemaak en uniek, bv kwilts en dekens, gebreide items, speelgoed, voorskote, huishoudelike items, vatlappies en vele meer.

Die Handwerk is saam met Houtwerk die oudste werksareas in die sentrum en is jare gelede begin toe die sentrum gebou is. Dit bly steeds 'n gunsteling werkarea en laat die inwoners toe om pragtige items te skep, wat hul kreatiwiteit en vaardighede aanmoedig. Baie van ons inwoners geniet dit om in hul vrye tyd te hekel en brei.

By elke jaar se kermis en plaaslike Kersmarkte, is die Handwerk produkte baie gewild.

Gewilde items sluit teddieber en sagte speelgoed, kwilts en dekens, baba kombersies en klere, leeskussings, potloodsakkies, houtdraers, wasgoedpennetjie sakkies en gehekelde blomme.

As u belangstel om enige items te koop van ons handwerkkamer, kontak gerus werkareabest@huishorison.org.za en ons help met graagte.

Al die items wat geproduseer word, is so uniek omdat ons daarna streef om skenkings kreatief op te sikleer in praktiese en pragtige items.

Ons verwelkom dus altyd skenkings van:

  • Goeie kwaliteit materiaal
  • Materiaal Voorbeeldboeke
  • Stoffering materiaal
  • Katoen materiaal
  • Vulsel
  • Naaldwerk skêre
  • Masjiennaalde
  • Hout hangers (nie plastiek of draad nie)
  • Garing tolletjies
  • Borduurnaalde en borduurgaring
  • Enige en alle tipes wol
  • Breinaalde
  • Hekel naalde

2026 Hekel Werkswinkels

Hekel bly baie gewild en 'n wonderlike vaardigheid. Daarom beplan ons om in 2026 hekel werkswinkels aan te bied! As jy belangstel, stuur gerus 'n epos aan bemarking@huishorison.org.za en ons sal jou op hoogte hou sodra die datums bevestig is.

Ek stel belang!
afAfrikaans