Skip to main content

Huis Horison en Hekel is sinoniem. Ons handwerk werkarea is ons oudste en mees gevestigde werkarea by die sentrum, en ’n groot deel van ons inwoners kan brei of hekel, en doen dit selfs in hul spaar tyd. Elke jaar by ons Kermis is die handwerk stalletjie uiters gewild, met ’n verskeidenheid handgemaakte komberse, speelgoed en vele meer uit hierdie werkarea te koop.

Ons hekel werkswinkels by Village Thyme @ Huis Horison begin eersdaags en is amptelik vol bespreek en dit is alles te danke aan ’n gemeenskap wat saamstaan en deelneem. Ons harte loop oor van dankbaarheid vir die ongelooflike ondersteuning wat ons ontvang het.

If you are already skilled in crochet, feel free to join our regular “Hekel Hoekie” (Crochet Corner) at Village Thyme. Bring your crochet project and enjoy a quiet time or with friends in a welcoming and like minded space.

En, as jy nog nie ’n hekel projek het nie, of nog een wil aanpak, skakel gerus in by ons ondersteuning in die Blokkies vir Emily se “kombers-a-thon”. Doen dit as deel van Mandela Day of op jou eie tyd. Hekel blokkies van 17 x 17cm of maak ‘n 1.5m x1.5m blokkieskombers. Skenkings kan afgegee word by Village Thyme. Ons sal ’n gesamentlike besending doen.

Daar sal weer geleentheid wees vir hekel klasse, so as jy belangstel, kontak villagethyme@huishorison.org.za en ons sal jou op hoogte hou van ’n volgende Hekel Werkswinkel.

afAfrikaans