Skip to main content

Die Huis Horison Winkel het ‘n lang aanloop. Dit het eers begin met Village Vrydae, maar vinnig is besef dat inwoners, dagwerkers en besoekers deur die loop van die week ook behoefte het om aankope te doen. Almal het nou die geleentheid om tussen 9:00 en 17:00 op weeksdae lekker te kuier, kyk en koop.

Allerlei tuis- en handgemaakte produkte van ons Houtwerk, Handwerk, Bakkery en Lynfunksie-afdelings is te koop. Vlamvatters, tweedehandse klere en huisware, asook plante uit die kwekery, is ook baie gewild.

Ons winkel is geleë op Huis Horison se terrein in die Studio. Die publiek kan dit bereik deur die agterste hek en parkering agter die Sentrum te gebruik of by die Hoofingang te parkeer en net om die wooneenheid te stap en sommer ons pragtige tuine te geniet.

Ons het ook ge-eksperimenteer met ‘n Koffiewinkel in die Studio een Vrydag waar heerlike koek, tert en botterbroodjies aangebied is. Nie alleen het dit groot byval gevind nie maar bied ook die geleentheid aan die inwoners wat daar werksaam is om te help met die bediening. Ons beoog om die koffiewinkel gedurende 2024 op ‘n gereelde basis oop te maak en dit sal vanaf Januarie oop wees van Woensdae tot Vrydae tussen 09:00 en 17:00. Hou die pers dop vir die opening!

afAfrikaans