Skip to main content
Serious and casual trail runners can take part in this Trail Run, on Saturday 2 November 2024

Die resies begin/eindig by Huis Horison Somerkermis wat 'n fantastiese uitstappie is vir die hele familie, by Huis Horison in Onder-Papegaaiberg, Stellenbosch. Kom geniet 'n feestelike ontbyt, pannekoek, koffie of koue bier by die kermis, sowel as 'n verskeidenheid stalletjies en aktiwiteite vir die kinders!

Inskrywingsfooie:

Pre-entries  (Enter and pay Online – close 29 Oct)
10km = R150
5km = R120
3km = R50
Laat inskrywings (Op die dag - vanaf 06:00)
10km = R170
5km = R140
3km = R60

Begin:

Race briefing 06:45
10km begin 07:00
5km starts 07:05
3km starts 07:10
Laat inskrywings vanaf 06:00

Navrae:

Vir enige navrae, kontak gerus vir Elzabi op bemarking@huishorison.org.za of 083 281 7802

Alle fondse ingesamel gaan vir Huis Horison, sentrum vir mense wat leef met 'n intellektuele gestremdheid.

Reels:

  • After entering at the main gate, go to the registration table and register to collect your number and timing tag.
  • Kinders onder die ouderdom van 14 moet ten alle tye deur 'n volwassene vergesel word.
  • Ongelukkig word GEEN HONDE toegelaat op die 5km en 10km roetes nie, aangesien die plaas hul eie honde het.

Ingang en parkering

Moet asb nie by Huis Horison se hoofhek ingaan nie, maar volg die wit kermis aanwysings na die agterste hek en Kermisterrein (ongeveer 200m na die hoofhek) wat aandui "Ingang/Entrance". Parkering is op straat - ongelukkig geen parkering is binne beskikbaar nie.

Inskrywings en Registrasie:

Laat inskrywings word geneem by registrasie tafel (kontant of Snapscan - geen kaart fasiliteit beskikbaar nie).

Kom gerus vroeg en kry 'n lekker koffie voor die resies.

Prysuitdeling:

Prysuitdeling sal om 09:00 plaasvind so luister asb vir die aankondiging.

Na die resies, geniet gerus die feestelike atmosfeer by die Kermis en maak 'n draai by die stalletjies. Daar is 'n verskeidenheid kos, koffie, stalletjies en meer. Daar is ook kaart en Snapscan fasiliteite beskikbaar by die Kermis.

Dankie vir u deelname! Alle inskrywingsfooie gaan uitsluitlik vir Huis Horison en is ten bate van die intellektueel gestremde mense in ons sorg. Hierdie is weerlose mense wat nie andersins 'n normale lewe kan lei nie, en daarom waardeer ons u ondersteuning baie.

Aanwysings:

 Straat adres: 1 Patrys Straat, Onder-Papegaaiberg, Stellenbosch 7600
GPS: -33.935118,18.829257
Kaart: Google map

Roetebeskrywing vanaf Kaapstad na Huis Horison:

GPS: -33.935118, 18.829257
(Kaapstad se middestad is ongeveer ± 50 km vanaf Stellenbosch)

  • Volg die N1-deurpad na die Paarl.
  • Draai by Uitgang 39 (Stellenbosch / Klipheuwel) af, en regs op die R304.
  • Volg die pad tot by Stellenbosch.
  • Draai regs op die R44.
  • Draai weer regs op die R310.
  • Ry tot by Distell( aan linkerkant).
  • Draai regs by verkeerslig by Distell, in Oude Libertasstraat.
  • Draai links in Kokkewietstraat (’n parkie is aan regterkant)
  • Hou reguit aan tot by die t-aansluiting.
  • Draai regs in Patrysstraat. Ons is direk aan die linkerkant, Patrysstraat 1.

 

afAfrikaans