Skip to main content

Openingstye: Woensdae tot Vrydae tussen 09:00 en 17:00.

Sedert die Winkel en Bakkery onder een dak ingetrek het, gaan dit van krag tot krag. Die reuk van varsgebakte koekies en koffie tussen pragtige handgemaakte produkte, plante, snuisterye en klere, maak dit 'n heerlike kuierplek.

Die winkelpersoneel staan ​​gereed om te help met die verkoop van Huis Horison se tuisgemaakte en handgemaakte produkte van ons Houtwerk-, Handwerk-, Bakkery- en Kwekery-afdelings. Handgemaakte vuuraanstekers, tweedehandse klere en huisware is ook gewild.

Good coffee is of course a must, which is why we now serve delicious cuppacinos and more from König Koffie and look out for the day’s fresh baked goods with it, such as homemade scones, donuts and cake.

Ons winkel is geleë by Huis Horison in die Studio gebou. Die publiek kan direk soontoe gaan deur die agterhek en parkeerplek agter die Sentrum te gebruik, of by die Hoofingang te parkeer en die aanwysings na die winkel te volg.

Betaal gerus met kaart, kontant of Snapscan.

afAfrikaans