Skip to main content

Neem deel aan ons boomplant-projek vir inwoners langer as 20 jaar by Huis Horison.

Dit is vir ons ‘n voorreg dat ons inwoners het wat al vir meer as 20 jaar by ons woonagtig is. Ons wil dit graag vier met ‘n spesiale boomplant geleentheid op 2 Junie 2023 en dit sal wonderlik wees as ons gemeenskap ook in die geleentheid kan deel.

Hoe?

Skenk ‘n boom van jou keuse (sien bomelys hieronder) vir ‘n inwoner teen R1 200 – wat die boom, ’n naambordjie, stutpale, en kompos insluit. Kom help om jou boom te plant op 2 Junie. Huis Horison sal die aankope hanteer, asook die voorbereiding en die grawe van die gate.  Indien u wil deel in hierdie vieringe, stuur asseblief u keuse van ‘n boom asook bewys van betaling aan ekokoordineerder@huishorison.org.za, nie later nie as 15 Mei asseblief.

Kan ek my eie boom bring?

Ons hanteer graag die aankope namens u, maar u is welkom om ook self ‘n boom aan te koop (bome moet asseblief 40 liter + wees en afgelewer word by Huis Horison teen 29 Mei). Die rede vir 40 liter + grote bome is sodat daar vinnig ‘n woud-effek sal wees waar ons inwoners kan gaan tyd spandeer.

Tipe bome?

Ons wil graag hou by bome wat endemies aan hierdie streek is want dit bevorder die herstel van die natuurlike eko-sisteem.

U kan uit die onderstaande lys bome een kies wat u graag vir u familielid of vriend sal wil plant:

  1. Kaapse kastaiing (Calodendrum capense)
  2. Witpeer (Apodytes dimidiate)
  3. Waterhout/Without (Ilex mitis)
  4. Bosvlier (Nuxia floribunda)
  5. Witstinkhout (Celtis Africana)

Indien u enige vrae het rondom die aangeleentheid, kontak gerus vir Elsa-Marie by ekokoordineerder@huishorison.org.za,

en_GBEnglish (UK)