Skip to main content

Huis Horison se jaarlikse Somerkermis vind plaas op 5 November. Die belangrike dag is die grootste fondsinsameling van die jaar, en ’n geleentheid vir die hele gemeenskap om betrokke te raak. Meer as 160 vrywilligers sorg dat alles glad verloop, en sonder hulle sou ons nie hierdie spesiale dae kon hou nie.

“Ek wil julle bedank vir ‘n wonderlike kermis. Ek het dit werklik geniet. Van die stap tot die kermis self. As oud-Stellenbosser was dit vir my ‘n wonderlike ervaring om Stellenbosch in sy kom te sien lê vanaf die plaas, ek het dit nog nooit so uit daardie hoek gesien nie. Ek is erg beïndruk deur al die goedjies wat julle mense maak en hoe pragtig dit is, asook die billike pryse. Ons het so baie heerlike eetgoed ook gekoop, genoeg nog vir die volgende dag ook. Dit was ook vir my baie mooi op die stap hoe een kliënt ‘n ander een aangemoedig het. Soveel omgee.” – Thelma
“Baie dankie, Huis Horison se mense. Dit was ’n wonderlike kermis.” – Alida
“Baie dankie vir ’n wonderlik dag! Ek help graag weer ’n volgende keer.” – Madi
“Our little bit of help disappears in comparison to your enormous load! Well done again, you’ve got to belong to the Super Heroes Clan! I love to help and my friends really enjoy jumping in too.” – Wendy

 

en_GBEnglish (UK)