Skip to main content

Daar heers groot opwinding oor die nuwe wooneenheid . Dit sal egter beteken dat Huis Horison se werksareas ook sal uitbrei. Die werksareas is verskillende afdelings waar inwoners en dagwerkers hul dag sinvol spandeer deur verskeie take te verrig.

Het u geweet?

Ons Hout- en Handwerk is die oudste van Huis Horison se werksareas en is reeds in die sewentiger jare op die been gebring. Met die verloop van tyd het ʼn verdere nege werksareas tot stand gekom. Hierdie werksareas sluit in: herwinning, papierherwinning, terrein en tuine, waskamer, kombuis en spyseniering, die skoonmaakspan, en instandhouding.

Elkeen van hierdie werkareas word oorsien deur ʼn instrukteur asook vrywilligers wat al vir jare betrokke is, soos Eugene Terblanche en Bettie Marais.

Die inwoners en dagwerkers word in die verskeie werkareas geplaas volgens hulle vermoëns en belangstelling en is gerig op doelgerigte tydsbesteding. Die inwoners en dagwerkers word die spesifieke take wat deur die werk vereis word, geleer. Daarmee saam leer die inwoners en dagwerkers ook die belangrikheid van roetine en werksetiekʼn, onafhanklikheid en verantwoordelikheid, wat lei tot die ontwikkeling van trots en selfrespek.

Die maatskaplike werker en arbeidsterapeut se fokus is om te verseker dat elke individu optimaal groei, terwyl daar produktief gewerk word. Die fokus is om nuwe inwoners en dagwerkers stelsematig te plaas, en suksesvol te inkorporeer in hul betrokke werkareas.

Kontak ons gerus indien u belangstel om as ʼn vrywilliger by een van ons werksareas of tuine aan te sluit.

Die Bakkery het onlangs ʼn nuwe asem gekry met Lissy aan die stuur. Daar is ʼn reeks nuwe produkte ontwikkel en opleiding is met ʼn ʼngroter span ʼn gedoen.

en_GBEnglish (UK)