Entry: Potjiekos Competition

R400.00

Please Note: we are aware some users struggling with paygate. Feel free to contact bemarking@huishorison.org.za then we can help with the entry. 

Kom neem deel aan Huis Horison se Potjiekos Kompetisie en kom beïndruk die beoordeelaars met jou wenner potjie!  Die kompetisie word aangebied aan as deel van die jaarlikse Somerkermis.

Datum:                        Saterdag 7 November 2026

Plek:                             Huis Horison, 1 Patrys straat, Onder Papegaaiberg, Stellenbosch

Tyd:                              Begin wanneer jy wil. Potjies word stiptelik om 12h00 beoordeel.

Inskrywingsfooi:        R400 per pot (span van 2-4).

Sluitingsdatum vir inskrywings: 4 November

Die Potjiekos etes sal na die tyd verkoop word vir fondsinsameling, en die opbrengs van die geleentheid is ten bate van Huis Horison (SIEN ONDER).

Only 1 left in stock

Category:

Description

Begintyd:

Enige tyd van vroeg af soos nodig om betyds te wees vir beoordeling.  Hier is mense op die perseel van 06:00. Ons het beperkte parkeerplek binne, maar elke span kan 1 motor op perseel parkeer so beste as julle kan saamry.

Die volgende word verskaf aan elke span:

  • 1 tafel met stoele vir deelnemers, onder ‘n gazebo.
  • 1 Sak hout, firelighters en vuurhoutjies. Deelneemers moet hul eie vuur aansteek.
  • 1 bottel wyn.

Versier gerus jul tafel area soos jul wil!

Vir die pot:

  • Bring eie potjie (size 3 of 4)
  • Ten minste 1 porsie vir beoordeling, en 8 porsies moet beskikbaar wees vir verkoop asb.
  • Rys sal verskaf word, maar deelnemers is ook welkom om hul eie rys te maak/bring
  • Bakkies, servette, messe en vurke sal verskaf word vir etes wat verkoop word.
  • Die potjie convenors is Jannie Smith en André Smit, wat op die dag help, bestellings neem en etes verkoop. Vra hul gerus indien jul iets benodig.
  • Bring asb eie toerusting vir voorbereiding en opskep.

Vir die beoordeling:

  • Punte sal toegeken word vir die voorkoms van jul potjie (in die pot) en rangskikking op die bord (plating).
  • Het ’n bord, mes en vurk asb. beskikbaar waaruit die beoordeelaar kan proe.
  • Beoordelingtyd sal geskied tussen 12:00 en 12:30. Ons sal teen Vrydag 6 Nov julle beoordelingstyd bevestig. Sodra jul bord beoordeel is, kan julle maar opskep vir diegene wat kaartjies gekoop het.