Kom neem deel aan Huis Horison se Potjiekos Kompetisie en kom beïndruk die beoordeelaars met jou wenner potjie! Die kompetisie word aangebied aan as deel van die jaarlikse Somerkermis.
Datum: Saterdag 7 November 2020
Plek: Huis Horison, 1 Patrys straat, Onder Papegaaiberg, Stellenbosch
Tyd: Begin wanneer jy wil. Potjies word stiptelik om 12h00 beoordeel.
Inskrywingsfooi: R250 per pot (span van 2-4).
Sluitingsdatum vir inskrywings: Woensdag 4 November 2020
Navrae: Jannie Smith by smithjannie@gmail.com
Die Potjiekos sal na die tyd verkoop word as een van die etes by die kermis, en die opbrengs van die geleentheid is ten bate van Huis Horison.
Beoordeling
SMAAK 15 PUNTE
- Sout gehalte.
- Bestanddele van potjie moenie mekaar oorheers nie.
- Komplimenteer die geure mekaar?
- Algehele geur en smaak.
VOORKOMS EN TEKSTUUR 15 PUNTE
- Is die kos gaar / oorgaar?
- Is die vleis taai / sag?
- Hoe lyk die potjie as dit voorgesit word?
KREATIWITEIT 10 PUNTE
- Is dit interessant?
- Is dit uniek?
- Is interessante kombinasies gebruik?
SPANGEES EN VOORKOMS 10 PUNTE
- Hoe lyk jou stalletjie?
- Wat het julle gedoen vir gees?
- Betyds klaar?
TOTAAL 50
Reëls
- Inskrywingsfooi per pot is R250.
- Elke ingeskrewe pot ontvang wyn, hout en braaidrom, tafels en stoele.
- Geen voorafbereide disse mag in die pot gebruik word nie.
- Potte van enige kategorieë mag inskryf (naamlik rooivleis, wild, seekos of hoender) maar almal word teen mekaar beoordeel.
- Ons vra u om so streng as moontlik by die beoordelingstyd te bly wat aan u gegee word, om sodoende te verseker dat almal betyds klaar is. Punte sal afgetrek word vir u span as u nie by beoordelingstyd hou nie.
- U moet asseblief verseker dat u eetgerei, ‘n driepoot pot (nr 3 of groter), potstaander, tafeldoek, vuuraanstekers, ens saambring.
- Die deelnemers kan enige bykosse voorberei, solank dit by Huis Horison op die vuur gemaak word, bv. rys of potbrood.