Skip to main content

Die Pelgrimstog van Hoop is pelgrimroete vanaf Stellenbosch of Robertson en loop deur die Overberg tot by Agulhas aan die Suidpunt van Afrika.

Die roete is in 2014 deur ons eie Frederick Marais uitgelê en ontwikkel, en is gebasseer op die bekende Christelike pelgrimsreis in Spanje – die Camino de Santiago. Pelgrims kan verskeie kerke, sendingstasies en monumente wat vryheid vier, op die roete besoek, insluitend Huis Horison.

Erns en die Elders-span het in Junie vanjaar die roete gestap, en Huis Horison was hul tweede oorslaapplek. Hier het hul die geleenhteid gehad om Huis Horison te beleef, met die inwoners te kon gesels en om die laberint te stap. Huis Horison streef ons na ʼn holistiese benadering wat erkenning gee aan die belangrikheid van alle lewensfasette, waarin spiritualiteit ‘n belangrike rol speel, en is dus ‘n gepaste element van hierdie pelgrimstog.

Die tweede episode, wat ‘n insetsel van hul besoek aan Huis Horison insluit, word uitgesaai hierdie Woensdag 7 Oktober 2020 om 20:00 op kykNet kanaal 144 (ELDERS).

Daar is min herhalings, tans slegs die volgende:

Maandae 01:30 (in die oggend) en 13:30
Woensdae 01:00 (in die oggend) en 12:00
Die reeks is ook op DStv se Catch Up beskikbaar.
Hopelik vroeg volgende jaar ook op Showmax.

en_GBEnglish (UK)