Tannie Alta Marais is die ma van Huibrie Marais, wat ‘n jare lange geliefde inwoner van Huis Horison was. Sy is ook aan die gemeenskap bekend as een van Huis Horison se voorstanders, veral omdat sy die fondasie gelê het van vandag se Kermis.
Die Marais kom Kaap toe
Die Marais gesin het in Kimberley gewoon waar Huibrie in Yonder gebly het, hierdie was hul tuiste vir baie jare. Ds. Marais was oorspronklik van die Boland, en na aftrede het hulle besluit om terug te keer Kaap toe, en het hulle in die Strand gevestig.
Hulle het orals gesoek vir ‘n gepaste blyplek vir Huibrie wat, as gevolg van Down Sindroom, ‘n spesiale omgewing benodig. Hulle kon nêrens regkom nie, en het by Huis Horison aangeklop. Op daardie stadium was Huis Horison reeds gevestig maar het slegs voorsiening gemaak vir die versorging van lae funksionerende persone, en nie Down sindroom inwoners nie.
Mr. De Villiers was op daardie stadium pas as nuwe Hoof aangestel, en danksy Tannie Alta se invloed en insette, is ‘n groot mylpaal behaal deurdat Huis Horison se beleid aangepas is, sodat Down Sindroom inwoners by die sentrum aanvaar word.
Huibrie Marais was die heel eerste Down sindroom inwoner van Huis Horison, en baie sou daarna volg.
INTERESSANTE FEIT VAN DIE MARAIS: Twee van Tannie Alta se seuns is albei getroud met vroue wat gestremde susters gehad het.
Die Kermis
Die eerste keer wat Tannie Alta en Ds. Marias Huis Horison se Opedag bygewoon het, was daar maar twee tafels met Huis Horison produkte te koop. Tannie Alta het groot potensiaal hier gesien, en onmiddellik begin beplan aan iets wat groter en beter sou wees, wat nou Kermis by Huis Horison is.
Aanvanklik is daar 2 stalletjies bygevoeg, naamlik vleis en wyn. Vleis bestellings is geneem en van die Karoo (Williston) af gekry. Oogarts Lambert Fick het die jaar daarop gehelp om ‘n boeke stalletjie te begin. Die eerste boekverkoping was egter bietjie van ‘n teleurstelling, maar dit het hulle nie afgesit nie…die span het die bul by die horings gepak en werk daarvan gemaak om die bemarking verbeter. Vandag is Boeke een van die gewildste en grootste stalletjies by die Kermis.
Jaar na jaar het die Stellenbosch gemeenskap sy harte, tyd en beursies begin oopmaak vir Huis Horison. Gemeenskapslede het een vir een betrokke geraak en skenkings gemaak van ‘n verskeidenheid items wat dan by die Kermis verkoop word vir fondsinsameling. Tot vandag toe word feitlik alles by die 35 stalletjies nog steeds geskenk, en deur vrywilligers bedryf.
Ouerkomitee
Tannie Alta was die voorsitter van ‘n ouerkomittee en ‘n voorstander vir ouer betrokkenheid op die direksie. Tannie Alta het ook, in samewerking met Tannie Suzette Sacks (ouer van Debbie Sacks), begin met addisionele fondsinsameling, omdat hulle die nood gesien vir ekstra inkomstes.
Hulle het wyd en suid gery om donasies te werf. Een van hul eerste donateurs was die Ruperts, wat in daardie tyd nie intellektuele gestremde instansies ondersteun het nie. Danksy hierdie twee ystervroue kon hulle daarin slaag om befondsing vir Huis Horison te werf, en selfs vandag is die Rupert-Onderwysstigting ‘n belangrike donateur vir die sentrum en vir intellektuele gestremdheid. Hulle het ook individuele skenkers gewerf om op ‘n maandelikse basis donasies te maak, en die eerste donasie het van Tannie Alta se buurman, Mr. Zwamborn, gekom.
Hierdie is nie net ma’s van inwoners nie, hierdie was vroue wat ‘n liefde gehad het vir die hele Huis Horison, die visie en missie en alles waarvoor ons staan. In die woorde van Tannie Alta: “Hierdie projekte kan alleenlik voortgaan as dit deur ouers en vrywilligers behartig word.”
Tannie Alta was voorwaar ‘n vlam van hoop vir almal by Huis Horison, en ‘n ongelooflike voorbeeld van hoe ons ouers en vrywilligers
“Fotos van opedag, wat in die hedendaagse kermis ontwikkel het:”