Ons kort nog net R750 000. Jou bydrae sal ‘n verskil maak!
Hier is ’n geleentheid om ‘n bydrae te maak tot ’n beter Stellenbosch. Met bewaring en rehabilitasie kan daar ’n unieke omgewings- en opvoedkundige bate by Huis Horison vir die hele gemeenskap geskep word
Die 3 Ha gebied langs Huis Horison, tussen die dam en Devonvallei pad (Erf 3722) word deur Cape Nature geklassifiseer as ‘n “Watercourse” en is van kritiese belang vir die ondersteuning van die funksionering van Beskermde Gebiede en Kritiese Biodiversiteitsareas. Hoogs aangeskrewe plantkundiges beveel aan dat die gebied na regte in ‘n Bos Arboretum omskep behoort te word. Daar is reeds unieke inheemse bome en ander plante wat gerehabiliteer kan word.
Doelwit: Om dit te bewaar, herstel en bestuur en die impak op ekologiese prosesse te minimaliseer en die funksionering van ekologiese infrastruktuur te optimaliseer. Dit sal ‘n potensiële probleem omskakel in ‘n bate vir die breër gemeenskap van Stellenbosch.
Stap 1: OMHEIN
- Beskerm area teen verdere stroping van plantegroei en dierelewe, storting van vullis en bou- rommel, en onwettige besetting.
Stap 2:REHABILITEER
- Ontwikkel area in ‘n Bos Arboretum.
- Verwyder indringerplante
- hervestig natuurlike plantegroei en wildslewe.
Stap 3:ONTWIKKEL
- Bou ‘n hout wandelpad (“boardwalk”) met rus- en piekniek areas en voël uitkykpunte.
- Skep gekontroleerde toegang vir stappers, besoekers, hengelaars.
DOEL: ‘n Veilige, terapeutiese en opvoedkundige natuur ervaring vir Huis Horison en die hele gemeenskap midde in ons woonbuurt met geleentheid vir stap, hengel en voëlkyk.
Skenkers sal outomaties lede word van die Vriende van Onderpapegaaiberg Arboretum.