Skip to main content

Uiteindelik, na vele jaar se visie en beplanning, is die sooi gespit en die bouwerk kon afskop vir ons nuwe wooneenheid.

Hier by Huis Horison skep ons ʼn kultuur waar ons inwoners en dagwerkers kan sosialiseer binne ʼn genormaliseerde omgewing, en in veiligheid hul unieke menswees en potensiaal kan uitleef. Daar is egter ‘n groot behoefte vir sulke dienste, nie net in ons omgewing nie, maar ook landswyd. Daarom is die uitbreiding van ons fasiliteite ʼn belangrike stap in ons ontwikkelingsraamwerk.

Die nuwe gebou word aan die suidelike kant van die sentrum opgerig en sal ʼn drieverdieping gebou wees met ʼn pragtige uitsig oor die dam. 45  bykomende kamers sal ingerig word vir verblyf, en daar sal ook voorsiening gemaak word vir versorgers en nagpersoneel, administrasie en opleiding.

Internasionale navorsing oor die huisvesting van groepe mense het  gevind dat klein leefeenhede ʼn  ʼn groter gevoel van gemeenskap skep. Die nuwe gebou is ontwerp om aan hierdie behoefte te voldoen en elke afdeling  sal dus  ʼn sitkamer hê waar inwoners en dagwerkers by mekaar kan kom en sosialiseer.

Ons probeer voortdurend om al die behoeftes van ons inwoners en dagbesoekers  in ag te neem. Die nuwe gebou maak dus ook voorsiening vir ʼnʼn ʼn haarsalon enʼn teater wat hulle kan besoek vir ontspanning.

Daar sal  ook ʼnruimte vir ʼn ʼn gastekamer vir korttermynverblyf geskep word.  Hierdie kamer kan ook moontlik dien as woning ʼn vir ʼn ʼn vrywilliger wat oor ʼn langer periode  by ons wil kom werk.

Die beoogde datum vir voltooiing is einde 2020.  Ons sal ʼn amptelike inhuldiging hou waartydens die naam bekend gestel sal word. Hou gerus die nuus en gebeure dop en volg ons op Facebook.

en_GBEnglish (UK)