Skip to main content

Die grootste nuus van die kwartaal, is dat die omheining van die sentrum sopas klaar is! Dit is ‘n reuse projek, wat ‘n groot verskil maak in die veiligheid van ons inwoners en die terrein (die dam, olyfboord en suurlemoenboord is nou beveilig) en stel ons in staat  om ons Ekoterapie programme op Huis Horison se gronde uit te brei.

‘n Paar interessante brokkies inligting:

  • 48 Ha is omhein, gelykstaande aan 1125m se buiteheining. ‘n gedeelte (430m) van die binneheining is ook voltooi.
  • Die projek het meer as 8 maande geduur (het in Julie 2022 begin)
  • Daar was ‘n paar interessante uitdagings, veral die konstruksie onder die damwal wat die gebruik van versterkte staal en beton benodig het om die waterloop in ag te neem en steeds die nodige sekuriteit te bied.

Die 3 Ha gebied langs Huis Horison, tussen die dam en Devonvallei pad (Waterloop), is nie hierby ingesluit nie en dit is die volgende groot projek waarvoor fondse ingesamel moet word.

Ons bedank graag die donateurs wat die projek moontlik gemaak het:

 

en_GBEnglish (UK)