Skip to main content

Nuwe protokols in plek by Huis Horison

Boodskap van Elza C. Bresler, Uitvoerende Direkteur

Ons inwoners is ‘n meer kwesbare groep en ons moet deurdag en met wysheid optree. Die fokus is om die kwaliteit van dienslewering te behou en ook te voldoen aan die nuwe bykomende maatreëls vir beskerming van inwoners, personeel en besoekers. Om daaraan te voldoen, tref ons verskeie praktiese reëlings by Huis Horison om die basiese voorsorgmaatreëls na te kom en het reeds verskeie protokols in plek gesit.

Ons monitor die onvoorspelbare gebeure en sal reageer soos wat daar nuwe inligting of eise gestel word, of selfs nuwe wetenskaplike feite na vore kom, waarby ons moet aanpas.

Voorkomende optredes:

  • Handaaf van persoonlike afstand
  • Griepinspuitings toegedien aan ons kwesbaarste inwoners.
  • Verskerp korrekte handwas-tegniek by inwoners.
  • Skep geleentheid vir hande-was wanneer werksareas verlaat en binnekom.
  • Personeel help inwoners om hand-saniteerder bykomend, tussenin, te gebruik.
  • Spesifieke toegangsmaatreels word ingestel om risiko van buite te minimaliseer. Slegs noodsaaklike personneel word op perseel toegelaat en alle persone word gemonitor insluitend die neem van temperatuur.
  • Alle uistappies afgestel. Alle nie-noodsaaklike mediese afsprake is uitgestel tot na die grendel-tyd.

HH het reeds by die interne kliniek vier beddens vir aansteeklike siektes wat voorheen in gebruik was.  Om pro-aktief op te tree word die personeel-woonstel in Huis Jasmyn omskep as ‘n isolasie eenheid soos wat dit nodig mag word.  Ons kan steeds nie aan hospitaal standaarde voldoen nie, en siek inwoners sal in sekere omstandighede na ‘n hospitaal verwys word of tuis versorg moet word.

Finansiële implikasies

Die volgehoue uitdagings t.o.v. higiëne en fisiese afstand hou finansiële implikasies in. Byvoorbeeld, almal kan nie gelyk in die eetsaal wees, of saam TV kyk nie, selfs werkareas sal in kleiner groepe moet funksioneer. Al die implikasies word in ag geneem, ten einde die mees bekostigbare, volhoubare en praktiese nuwe normale omstandighede te skep.

Corona-virus Fonds

Ons begin ook pro-aktief met ‘n Huis Horison Corona-virus-fonds, om ‘n poging aan te wend om voorsiening te maak daarvoor dat bykomende uitgawes nie noodwendig ‘n impak op bestaande begroting sal maak nie.

Reëlings t.o.v. besoeke, toelating van mense op die terrein, uitnaweke en ander behoeftes sal aangespreek word en aan almal deurgegee word, soos wat die staat van inperking ons toelaat.

en_GBEnglish (UK)