Skip to main content
 

Huis Horison

Ons staan op vir hul drome

 

Ons Toekoms

Help ons om die droom te bewaarheid

 

Huis Horison

Ons staan op vir hul drome

 

Huis Horison

Ons staan op vir hul drome

 

Huis Horison

Ons staan op vir hul drome

1
1

Huis Horison is 'n residensiële en beskuttewerk-sentrum in Stellenbosch wat op die holistiese versorging van mense met 'n primêre intellektuele gestremdheid fokus.

Die sentrum, wat op 'n kleinhoewe aan die voet van Papegaaiberg in die buitewyke van Stellenbosch lê, is in 1974 gestig en kan 102 mense huisves en versorg. Ons verskaf werk aan al die inwoners en 35 dagbesoekers.

Die inwoners het 'n behoefte aan omgee, groei, eiewaarde, sosialisering en verhoudings. Hulle het ook drome en hulle wil graag dinge doen. Maar hulle is weerloos. Daarom het hulle 'n geborge omgewing nodig waarin hulle tot hul reg kan kom.

Die inwoners word volgens hul intellektuele vermoëns en belangstelling by een van tien werkareas ingedeel. Só kan hulle deur handwerk, herwinning, herstelwerk, kosmaak, tuinwerk of iets anders in 'n beskutte omgewing werk en 'n sinvolle bydrae lewer. Terselfdertyd bied die werkareas terapeutiese waarde en al die voordele van 'n volwaardige werk – eiewaarde, erkenning, trots, sosiale samesyn, lewensgehalte en hoop.

Holistiese en kliëntgesentreerde diens word verskaf deur die personeel van Huis Horison, instrukteurs, mediese personeel en 'n maatskaplike werker. Daar word omgesien na hul ontspanning, geestelike behoeftes en persoonlike ontwikkeling. Ons ondersteun ook hul ouers en families.

Huis Horison is 'n maatskappy sonder winsbejag wat vir sy eie befondsing verantwoordelik is. Om die sentrum finansieel volhoubaar te kan bedryf, moet ons ons inkomste aanvul deur donasies, fondsinsamelings, funksies, verkope en nalatenskappe uit testamente.

Ontvang ons nuusbrief

Ons nooi u om met ons gekonnekteer te bly.

Ons is opgewonde om ons nuus te deel, en hoe u 'n vlam van hoop kan wees vir mense wat nie sinvol kan leef sonder ondersteuning nie. U sal ons nuusbrief (twee maal per jaar), en nuus van ons geleenthede deur die loop van die jaar ontvang.

Skenk nou

Ons voortbetstaan is danksy u goedhartigheid en finansiële hulp. Dit is maklik om te skenk. Skenk eenmalig, maandeliks of bemaak iets in jou testament.

Go to Donate Page

Gee jou tyd

Kontak ons gerus indien jy betrokke wil raak by Huis Horison. Daar is 'n verskeidenheid geleenthede waar ons die hulp van vrywilligers benodig.

Word 'n vrywilliger

Kalender

Ons staan bekend vir ons funksies, wat instellings is op die jaarlikse kalender, en 'n groot rol speel in die insameling van fondse. Moet hulle nie misloop nie.

See events
KalenderHuis Horison
7th Mei 2023

Huis Horison Rolbal

Horizon House Bowls 2023 Date: Friday 1 December 2023 Venue: Van der Stel Bowls Club, Stellenbosch, Western Cape. Enter in teams of 4, and enjoy a light dinner after the…
Huis Horison
5th April 2023

Huis Horison Winkel

Die Winkeltjie op die Horison het al ‘n lang aanloop en gee ‘n geleentheid vir die publiek om die produkte wat by Huis Horison gemaak word of wat geskenk en…
Huis Horison
5th April 2023

Vier ons inwoners en plant ‘n boom ter herinnering

Neem deel aan ons boomplant-projek vir inwoners langer as 20 jaar by Huis Horison. Dit is vir ons ‘n voorreg dat ons inwoners het wat al vir meer as 20…
Huis Horison
5th April 2023

Onder-Papegaaiberg se Bos Arboretum nader aan ‘n realiteit

Ons kort nog net R750 000. Jou bydrae sal ‘n verskil maak! Hier is ’n geleentheid om ‘n bydrae te maak tot ’n beter Stellenbosch. Met bewaring en rehabilitasie kan…

Reg om te help?

Help ons om vir hul te sorg.

Skenk nouDoen fondsinsameling
afAfrikaans