Skip to main content

The heart of Huis Horison is green. 

Daar is twee verskillende werkareas in die Herwinningsafdeling – Papierherwinning en Algemene Herwinning, en saam is dit die grootste groepwerkarea by Huis Horison.

Ons herwinningspan sorteer kartonpapier en glas. Ou boeke en tydskrifte word uitmekaargehaal en die papier word volgens tipe sorteer en gebaal voordat dit gestuur word vir herwinning. Ons inwoners en dagwerkers is geweldig trots op hulle werk, al lyk dit hoe eenvoudig. Deur die program te ondersteun, dra u by tot elkeen van hule se menswaardigheid en trots.

We appeal to households and businesses to recycle their office paper, books, magazines, newspapers, cardboard and glass to us to sort for further recycling. Recycling provides an additional income stream to Huis Horison. (We get the highest prices for office paper of any colour and also for glass).

In 2023 was Huis Horison die toppresteerder in die Mpact Community Sites-herwinningsprogram, en het die 1ste plek ontvang met 75.811 ton papier wat herwin is.

Ons waardeer skenkings van boeke in enige tipe of toestand. Boeke word gesorteer en goeie gehalte en gesogte boeke word gehou om by ons 2de handse boekwinkel verkoop te word. Ou of beskadigde boeke word herwin, en skep dus sinvolle werk vir die mense in hierdie span.

Maak asseblief seker dat al die items leeg en skoon is met aflewering. Neem asseblief kennis: Ongelukkig aanvaar ons nie ander materiaal soos plastiek of elektroniese-afval nie. Afleweringstye vir herwinning: Weeksdae 09:00 – 12:30 en 14:00 – 16:30.

  • Papier: koerante, tydskrifte, glansblaaie, kantoorpapier (wit en kleur), pamflette, advertensies, gemorspos, enige ander papier
  • Karton:Karton: enige karton, kartondose of kartonne soos dié wat vir graan, medikasie, wyn en sneesdoekies gebruik word. (GEEN kartonne gevoer met foelie binne, soos Tetrapak – dié wat vir langlewemelk en vrugtesap gebruik word nie.)
  • Glas:enige glasbottels, ander glas soos ruite

Dokumentversnipperingsdiens

Ons bied ook konfidensiële papierversnipperingsdiens  aanwat op sy beurt 'n belangrike werk skep vir die inwoners wat opgelei is om hierdie diens te lewer.

Companies or individuals can bring their documents for shredding, which are weighed and charged at a rate of R3.50 per kg (including VAT) as of 1 April 2026. A letter of destruction (certificate) is issued for all shredding jobs once completed.

Vir meer inligting kontak ons ​​by (021) 887 5080 of werkareabest@huishorison.org.za.

afAfrikaans