Borg 'n persoon met 'n primêre intellektuele gestremdheid
Huis Horison het 15 inwoners wat finansiële hulp benodig. 'n Gereelde donasie oor die lang termyn sal 'n sorgbehoewende persoon onderhou wat nie ander heenkome het, hetsy familie of 'n bron van inkomste nie.
U maandelikse donasie van R6 500, of 'n eenmalige jaarlikse skenking van R78 000 sal help om een persoon se basiese onkostes te dek.
Donasies is aftrekbaar van belasting en u sal voorsien word met 'n Artikel 18A belastingsertifikaat vir u skenking.
Kontak asb bemarking@huishorison.org.za