Skip to main content

Verskeidenheid werkareas
Die inwoners word volgens hul funksioneringsvlakke en belangstellings by een van nege werkspanne met toesig ingedeel. Hierdie werkareas bied aan die inwoners terapeutiese waarde tesame met al die voordele van 'n volwaardige werk – diensbaarheid, erkenning, trots, eiewaarde, sosiale samesyn, lewensgehalte en hoop.

Intellektueel gestremde dagwerkers uit die omgewing sluit ook by die spanne aan. Die werkdag begin om 09:00 en eindig om 16:30, en dit sluit etes en teetye in. Die dienste en produkte wat verkoop word, lewer 'n belangrike inkomstestroom vir Huis Horison en sy inwoners.

Opleiding
Alle werkareaspanne word deurlopend opgelei om take van die afdeling, maar ook algemene lewensvaardighede, onafhanklik te kan hanteer.

Eksterne werk
Van die inwoners word by ondernemings in die omgewing geplaas waar hulle werk.

Handwerk

Die handwerkkamer is een van die oudste werkareas in die sentrum, en daar word alles van poppe, serpe, klere, kwilts en ander huishoudelike artikels gemaak. Inwoners brei, hekel en doen naaldwerk en elke item is uniek.

Die Studio is 'n kreatiewe spasie waar die span hard werk aan 'n verskeidenheid kleurvolle en kunstige projekte, insluitend mosaiek, kwilts, versiering van ou tasse, en 'n verskeidenheid pret dinge doen met ou weggooi-items.

Besoek ons gerus om die reeks van produkte te sien of kontak werkareabest@huishorison.org.za vir meer inligting.

Bakkery

Huis Horison se bakkery is al vir jare bekend vir ons reeks beskuit en koekies wat met liefde gebak word, en beskikbaar is vir aankope deur die publiek.

The bakery was created years ago when Annie de Klerk saw an opportunity for starting a bakery as a work area. With inputs from Tannie Alta, they developed the recipes for a range of rusks and biscuits.

Our new bakery instructor, Lizzy Skippers, has embraced the opportunity to make a few refinements, develop her new recipes, and introduce fresh ideas to the offering, especially during the lockdown. We are proud to share these with you.

Kliek click here to download the pricelist.

Koop Nou Aanlyn

Ons bak ook op bestelling en verskaf aan besighede en gastehuise. Kontak asb vir Crystal Colville op werkareabest@huishorison.org.za vir meer inligting.

Houtwerk

Hierdie span verrig wonderwerke met die restoureer en regmaak van meubels. Dit sluit in riempiewerk, afskuur en vernis.

Items kan op bestelling gemaak word. Bring gerus u stukkende meubels vir herstelwerk. Oop weeksdae 09:00 - 16:00

Kontak Francois Burrows tegniesedienste@huishorison.org.za vir meer inligting.

Koop nou aanlyn

Tuin en Terreindienste

Hierdie groep, is bekend as “The Green Team”, is voortdurend besig in die tuine en neem verantwoordelikheid vir alle aspekte van die tuine en terrein rondom die sentrum.

Kombuis

Hierdie groep berei etes voor vir die inwoners en sorg vir die skoonmaak en netheid van die kombuis en eetsaal. Hulle ontvang ook opleiding om verversings vir interne vergaderings te maak.

Was en strykdiens

Hierdie afdeling hanteer al die inwoners en die sentrum se wasgoed en funksioneer soos 'n wassery. Hulle was ongeveer 750kg wasgoed per week.

Instandhoudingsdiens

Hulle help met herstelwerk en die versorging van die geboue en die perseel en doen ook voorkomende instandhouding.

Hulle doen ook voorkomende instandhouding om die perseel in 'n top-toestand te hou.

Herwinning

Huis Horison se hart is groen. 

Ons herwinningspan sorteer kartonpapier en glas. Ons wil graag 'n versoek doen aan besighede en huishoudings om vir ons jul herwinning te stuur, wat papier, bokse, koerante, ou boeke en tydskrifte insluit.

Lees meer

Skoonmaakdienste

Geen werk is te groot of te klein nie, en elkeen het 'n belangrike rol. Ons skoonmaakspan neem 'n kritiese funksie in vir die skoonmaak van kantore en gemeenskaplike ruimtes en om die perseel netjies en netjies te hou.

afAfrikaans