Skip to main content

Welkom by Village Thyme!

Geleë op die Huis Horison-terrein, in die gebou voorheen bekend as die "Studio", kan jy Village Thyme vind - 'n verwelkomende, kreatiewe en rustige eko spasie waar inwoners, personeel, ouers en familie en die breër Stellenbosch-gemeenskap kan ontspan en die Huis Horison-bekoring kan ervaar.

By hierdie unieke koffiewinkel kan jy verwag om koffie of 'n pot (ja, pot!) tee met tuisgebakte koek, iets soets, 'n slaai, jaffel of 'n maaltyd van die dag te geniet. Maak seker dat jy al die items te koop besigtig, soos beskuit en koekies van ons bakkery, unieke handgemaakte items van ons werkareas en plante. Die ewig-veranderende voorraad van verborge skatte, snuisterye, tweedehandse en 'vintage' klere en tweedehandse boeke is 'n snuffelaar se droom.

Openingstye:

OOP

  • Woensdag – Vrydag 10:00 – 17:00 (Kombuis maak 16:00 toe)
  • Saturday 10:00 – 13:00

TOE

  • Sondae, Maandae, Dinsdag, en Publieke vakansiedae.

Village Thyme weerspieël ons doelwit vir 'n "Village"-lewe by Huis Horison. "Thyme" word geassosieer met ons eko-tema en speel op die woord "tyd" – wat die atmosfeer weerspieël wat ons wil skep – 'n gemaklike, genesende en rustige ruimte waar besoekers en inwoners kan ontspan en geniet sonder om gejaag te word. Die naam sal by die inwoners aanklank vind en dit sal maklik vir hulle wees om te onthou en uit te spreek.

Waar om ons te vind

Ingang 2, 1 Patrys Straat, Onder-Papegaaiberg, Stellenbosch 7600

'n Betekenisvolle spasie 

Ons het hierdie maatskaplike onderneming geskep sodat ons uiteindelik 'n verwelkomende ruimte kan hê om al die ywerige aktiwiteite by Huis Horison ten toon te stel, insluitend items van verskeie werksareas en ons eko projekte en hoender "village" Toekomstige aktiwiteite en besienswaardighede sal by hierdie samevloeiingspunt aansluit.

Ons bied die inwoners en dagwerkers by Huis Horison die geleentheid om lewensvaardighede aan te leer, noodsaaklike items, versnaperinge en drankies teen bekostigbare pryse te koop en 'n ware inkopie-ervaring te geniet, nie net op Village Vrydae nie, maar ook gedurende die week. Ons bied 'n werksgeleentheid aan verskeie inwoners, waardeur die konsepte van wees, behoort en word verder versterk word deur betekenisvolle werk en die aanleer van bykomende vaardighede.

As 'n nie-winsgewende organisasie is dit vir ons nodig om 'n suksesvolle maatskaplike onderneming te vestig wat ons sal help in ons strewe na finansiële onafhanklikheid, sodat die sentrum tot aan die einde van hul lewens vir ons begunstigdes kan sorg. Daarom word elke bietjie ondersteuning en sent wins direk teruggeploeg in Huis Horison.

Ons is steeds besig met van die afrondingswerk, en intussen wil ons ons opregte dank uitspreek teenoor die Pamela Barlow Trust waarsonder ons nie hiervan 'n werklikheid kon maak nie.

Perfek vir funksies

Ons hoop om die lokaal van keuse te word vir kleiner geleenthede (20 tot 30 gaste) soos vergaderings, werkswinkels en sosiale geleenthede, d.w.s. kombuis- en ooievaarstee, verjaardagpartytjies, verlowingspartytjies, ens., en nooi die publiek uit om ons te kontak as u belangstel om u geleentheid by Village Thyme aan te bied.

As u enige vrae het, kontak gerus vir Sandra by villagethyme@huishorison.org.za

Click to follow our social media:
Facebook
Instagram
Whatsapp group

“Alone we can do so little, together we can do so much.” – Helen Keller

afAfrikaans