Skip to main content

Ontvang ons nuusbrief

Teken in op ons nuusbrief en bly op hoogte van ons nuus en gebeurtenisse.

Doen fondsinsameling

Be the change.

Is jy 'n goeie sportman of sportvrou? Gaan jy deelneem in 'n groot resies? Of het jy 'n spesiale verjaarsdag wat opkom? Begin jou eie veldtog en samel fondse in vir 'n goeie saak.

Skep 'n veldtog op Givengain, en vra jou vriende en familie om jou te borg, of om geld te skenk vir liefdadigheid in plaas van 'n geskenk.

Elke bietjie wat ingesamel word vir Huis Horison, maak 'n verskil in die lewens van ons inwoners en dagwerkers, en help hulle om 'n holistiese lewe te kan lei - iets wat meeste mense daagliks as vanselfsprekend aanvaar.

Donate via GivenGain

Gereelde vrywilligers

As jy graag meer persoonlik wil betrokke raak by ons inwoners en dagwerkers in hul daaglikse werkareas, en graag jou tyd op 'n gereelde basis wil gee, is daar geleenthede om jou vaardighede toe te pas in een van die werkareas.

Ons het gereelde vrywilligers wat al vir jare deel van die sentrum is, en diep betrokke geraak het in die lewens van ons inwoners.

Kontak ons gerus om te bespreek waar jy graag jou vaardighede wil toepas.

Verleen hulp by ons funksies

Sluit aan by die Vriendekring

Die Vriendekring bestaan uit ouers, familielede en vriende van die inwoners, asook lede van die publiek wat aktief betrokke is by projekte en funksies van die sentrum. Hulle is behulpsaam met die organisering en aanbied van byvoorbeeld die kermisse en ander geleenthede.

Die lede van die Vriendekring hou daarvan om by die sentrum en inwoners betrokke te wees deur sekere take en verantwoordelikhede van die funksies en geleenthede te hanteer. Hulle koördineer onder meer stalletjies by die kermisse, of help met die gholfdag se reëlings.

As jy passievol is oor fotografie, ontwerp, sport, 'n kosliefhebber of meer, kom leef jou passie uit terwyl jy 'n verskil maak.

Kontak bemarking@huishorison.org.za om betrokke te raak.

Verkondig ons saak

Vriendskapsbefondsing

Indien jy nie lid van Huis Horison se Vriendekring wil word nie, kan jy nogtans 'n waardevolle vriend word. Deur vriendskapsbefondsing kry mense wat reeds Vriende van Huis Horison is, die geleentheid om meer nuwe vriende te werf wat by ons betrokke kan raak en ons kan ondersteun. Die kern van vriendskapsbefondsing is dat vriende omsien na vriende of 'n saak wat hulle graag wil ondersteun. Vriende kan die volgende doen:

  • Op die hoogte van ons doen en late bly deur gereelde kommunikasie (soos e-pos en nuusbriewe)
  • Voornemende nuwe vriende deur 'n brief of e-posbrief uitnooi om 'n vriend te word
  • 'n Ete vir 10 tot 20 vriende aanbied waar ons 'n kort aanbieding kan doen en die gaste meer oor Huis Horison kan vertel
  • Betrokke raak deur direk geld in 'n trust te belê sodat Huis Horison uit die opbrengs kan baat.

Hoe om 'n vriend van Huis Horison te word: Word 'n Vriend van Huis Horison en ons hou jou ingelig oor nuus en gebeure by Huis Horison. Jy sal ook ons gratis nuusbrief ontvang. Kontak bemarking@huishorison.org.za vir meer inligting.

 

Mandeladag

What is Mandela Day? On 18 July every year, we invite you to mark Nelson Mandela International Day by making a difference in your communities. Everyone has the ability and the responsibility to change the world for the better! Mandela Day is an occasion for all to take action and inspire change.

Connect with us this Mandela day , supporting our BIG knit by:

  • donating wool or
  • knitting a block, hat or pair of socks

OR

There will also be a prize for the fastest knitter, best hat and for the most spirited.

Help us to make a difference.

” There can be no greater gift than that of giving ones time and energy to help others without expecting anything in return ” ~ Nelson Mandela

For more information please contact bemarking@huishorison.org.za

afAfrikaans