Ons begin pro-aktief met ‘n Huis Horison Corona-virus-fonds, om ‘n poging aan te wend om voorsiening te maak daarvoor dat bykomende uitgawes nie noodwendig ‘n impak op bestaande begroting sal maak nie.
U ondersteuning sal help om sulke onbeplande uitgawes aan te spreek, wat byvoorbeeld sal insluit:
-
- Ingangsbeheer en protokols
- Skoonmaakmiddels en saniteerder
- Handhaaf van higiëne o.a. handwasmetodes en dra van maskers
- Personneelvervoer en klere beleid
- Opleiding van personneel en inwoners
- Persoonlike afstand en herstrukturering van kombuis, werk- en leefareas
- Aangepaste dagbestedingsaktiwiteite en roetine
- Terapeuriese intervensies
- Inrigting van addisionele isolasie geriewe
- Voorsien kospakkies aan dagwerkers
- Enige onbeplande en/of dringende uitgawes
Ons inwoners is ‘n meer kwesbare groep en ons moet deurdag en met wysheid optree. Die fokus moet wees om die kwaliteit van dienslewering te behou en ook te voldoen aan die nuwe bykomende maatreëls vir beskerming van inwoners, personeel en besoekers. Om daaraan te voldoen, tref ons ‘n reeks praktiese reëlings onder andere:
‘n Woord van dank aan u, ons ondersteuners, wat met begrip, buigbaarheid en deernis reageer het op die onverwagse omstandighede in SA en wêreldwyd. Ons monitor die onvoorspelbare gebeure en sal reageer soos wat daar nuwe inligting of eise gestel word, of selfs nuwe wetenskaplike feite na vore kom, waarby ons moet aanpas.
U donasie kan ‘n groot verskil maak: