Skip to main content

Huis Horison se Algemene Jaarvergadering word op Donderdag 19 September 2024 om 18h00 by die sentrum in Disa, grondvloer, gehou.

Ons verwelkom alle lede en belangstellendes om dit by te woon.

Die vergadering is slegs in persoon, en ongelukkig sal ons nie 'n aanlyn kanaal hê nie.

 

Datum: Donderdag 19 September 2024

Plek: Disa Grondvloer

RegistrasieArriveer vanaf 18h00 om te registreer. Vergadering begin 18h30 (stiptelik)

RSVP: Bevestig asseblief jou bywoning nie later nie as 12 September.

 

Lidmaatskap

Betaalde lede sal stemreg hê.

Betaling kan op die aand gedoen word by registrasie, of vul asb die lidmaatskap vorm in en EFT teen 3 September 2024.

Lidmaatskap Vorm (nuwe lede)

Indien jy nog nie as lid aangesluit het nie , maar graag wil, vul asseblief hierdie aanlyn vorm in en stuur die bewys van betaling aan adminsek@huishorison.org.za voor of op 03 September 2024 om betyds te wees vir die 2024 AJV.

  • Ledegeld van R100 is betaalbaar voor of op 03 September 2024.
  • EFT verwysing: "Lid"+ u Van na:

Huis Horison
Nedbank Limited
Tjek Rekening
Rekening no: 1498044247
Universele Takkode: 198765

Volmagvorm
As jy reeds 'n lid is en nie die vergadering kan bywoon nie, maar graag jou stem wil oordra aan iemand wat jy vertrou, laai asseblief die vorm af en stuur dit voor of op die dag van die vergadering terug. 

Proxy Form – Huis Horison – 2024

Nominasievorm- ( nominasie van 'n Direksielid)
Indien jy 'n individu as raadslid wil nomineer moet die nominasie , sowel as 'n verkorte CV , van die genomineerde individu twee weke voor die vergadering by die kantoor ingedien word , d.w.s. 05 September.

Nomination Form- Huis Horison – 2024

Ons sien daarna uit om u by die vergadering te sien.

RSVP vir bywoning voor of op 12 September 2024 tot adminsek@huishorison.org.za (Elaine) of by 0218875080

afAfrikaans