Skip to main content

Ons doelwit met die uithaal van die uitheemse plante, is om ruimte te maak vir die aanplant van inheemse bome en plantegroei en om so die natuurlike plantegroei en ekosisteem te hervestig.

Twintig bome is reeds aangeplant. ‘n Verdere 70 bome is ontvang danksy ‘n skenking van Investec, en sal eersdaags geplant word.

Die doel met die aanplant van bome by die boonste stappad is om ‘n inheemse bos te skep waar die inwoners maklike toegang tot ‘n woud kan hê. Hulle sal ook optimale toegang tot die natuur kan geniet en sal dit in eko-terapie aangewend kan word. Daar word beoog dat dit rystoel-toeganklik sal wees.

Groente word amper op ‘n weeklikse basis geoes en aan die kombuis voorsien. Ekstra groente word geskenk, en ons het onlangs ‘n skenking van 40 bossies spinasie aan Stellenbosch Werksentrum gemaak

Die groen afval word opgekerf in “woodchips” en word vir interne gebruik aangewend. Bykomend, het ons drie komposhope na sewe hope vermeerder.

“Woodchips” is ook nou in 30dm en 50dm sakke beskikbaar vir die publiek om te koop. 

Koop nou

Met die Kuier en Koop mark op 25 Maart 2022 is verskeie groente en plante opgeraap, onder andere spinasie, skorsies, soetrissies en beet. Ons span verkoop ook plante wat gekweek is.

Maak gerus ‘n nota in u kalender vir ons volgende Kuier en Koop datums in 2022:

  •  Soetes & Sop op Vrydag 10 Junie 12:00 – 15:00
  • Kuier en Koop Vrydag 16 September 12:00 – 15:00
afAfrikaans