Skip to main content

Die Winkeltjie op die Horison het al ‘n lang aanloop en gee ‘n geleentheid vir die publiek om die produkte wat by Huis Horison gemaak word of wat geskenk en verwerk word, te besigtig en te koop.

Op die 23e Maart tydens die eerste Kuier & Koop dag van die jaar, was ons baie opgewonde om ons winkel se deure oop te maak.

Allerlei produkte van ons Houtwerk, Handwerk en Bakkery afdelings is te koop. Vlamvatters, 2de-handse klere en huisware, asook plante uit die kwekery is ook beskikbaar.

Ons winkel is geleë op Huis Horison se gronde, langs die Studio en die publiek kan gebruik maak van die agterste hek en parkering agter die sentrum.

Openingstye: Vrydae 12:00 – 17:00 (openbare vakansiedae uitgesluit)

Huis Horison se webwinkel is nog steeds aktief en aanlyn bestellings kan ook by die winkel afgehaal word.

afAfrikaans