Skip to main content

‘Forest Bathing’ – Shinrin-yoko (the Japanese noun, which when translated means ‘A visit to a forest for relaxation’)

‘And into the forest, I go, to lose my mind and find my soul.’ – John Muir

In vandag se bedrywige lewe het mens gereelde tot stillstand kom (‘mindfulness’), so nodig.

Dat dit ‘n aktiewe, bewustelike besluit en aksie moet wees om tot stillstand te kom besef mens nog meer wanneer jy dit begin doen. Om net te wees in die natuur, die natuur wat voorwaar ‘n wonderlike kalmerende invloed op ons het.

Baie keer is ons egter besig met stap, fietsry, besig wees en om nie net doelbewus te luister, kyk, ruik, proe en voel nie.

Die pragtige omgewing by Huis Horison maak voorsiening vir ‘n verskeidenheid van plekke om ‘forest bathing’ te beoefen. Ons konsentreer daarop om stadiger te stap, om te stop en dieper asem te haal, om op te let na wat ons sien, hoor, voel, ruik en proe. Geleentheid word gegee om te beskryf wat ons sien, hoor, voel, ruik en proe.

Na die eerste paar diep asemteue begin die spanning uit skouers verdwyn, word  gemoedere lig en is opgeruimdheid veral opmerklik aan die einde van ‘n stap. Die geraas van alledaagse geluide soos die van motors word uitgedoof, en begin die rustigheid van wees.

Die waterloop is ‘n absolute bederf vir die sintuie. Die ongereptheid daarvan is kos vir die siel. Op ‘n kouerige, mistige oggend het die klam grond en die verrotting van boomstompe ‘n eiesoortige reuk, mens voel die klam stompe wat te nat is om op te sit en sien die sonstrale wat begin deurbreek deur die digte blaredos. Miskien is dit wat die waterloop die wonderwêreld maak wat dit is, die digtheid van die bome, waar stilte nog ervaar kan word.

My konsentrasie verbeter en ek begin ‘n groter verskeidenheid voëlgeluide hoor. Inwoners word aangemoedig om mee te doen en blyk hulle dit vir langer en langer te kan doen. Dit is wonderlik om op te let hoe die inwoners se gemoedstoestand verbeter, hoe dankbaar hulle is om mee te doen aan die forest bathing, en hoe hulle dan ook nie skroom om dankie te sê aan die einde van ‘n sessie nie.

The bigger and the denser the forest, the more phytoncides and the better the results, he (Dr. Li) says.

Elsa-Marie Fourie – Ekokoordineerder

afAfrikaans