Skip to main content

Al is die land in 'n grendel-tyd, duur ons werk voort in die sorg van volwassenes met 'n intellektuele gestremdheid, en om hul te voorsien met 'n veilige omgewing waar hul kan woon, werk en floreer.

Ten einde almal se gesondheid en veiligheid te beskerm, word daar 'n reeks nuwe maatreëls in plek gesit.

Hierdie veranderinge is nie slegs van toepassing in die grendel-tydperk nie, maar sal voortduur in die voorsienbare toekoms. Ons strategie is om 'n "nuwe normaal" by die sentrum te skep.

Hierdie sal 'n nuwe omgewing wees waar daar 'n nuwe dagritme vir ons inwoners en dagwerkers is, veral omdat daar vir hulle stabiliteit in hul daaglikse roetine is.

  • Toegangsbeheer

    • Streng beheer word by hekke toegepas
    • Geen besoekers word toegelaat nie
    • Slegs nodige personeel aan diens
    • Aflewerings alleenlik op afspraak, en nodige protokols word gevolg. Dit plaas reeds meer druk op afdelings omdat die skoonmaak van produkte addisionele tyd verg.
    • Inwoners wat terugkeer slegs op afspraak, en nodige protokols word gevolg.
    • Inwoners mag nie die perseel verlaat nie
  • Personeel Vervoer

    • Personeel vervoer word tans verskaf tydens grendel-tydperk
    • Openbare vervoer word nie tans gebruik nie.
    • Protokol:
      • Beperkte hoeveelheid mense in voertuig, soos bepaal deur die nasionale maatreëls.
      • Dra van maskers en drywer dra masker en handskoene
      • Voertuie word binne skoongmaak na elke rit
  • Siftingsondersoek

    • Protokol uitgevoer deur mediese personeel:
    • Meet Temperatuur
    • Waarneming
    • Beantwoord Vrae - eie en familie gesondheid, moontlike bloostelling aan virus
    • Saniteer hande, check dat klere skoon/beskermd is
    • Dra van maskers is verpligtend
    • Personeel word daagliks ondersoek.
    • Inwoners word daagliks ondersoek
  • Higiëniese Omgewing

    • Werkareas en alle leefareas word gereeld skoongemaak en saniteer
    • Handsaniteerstasies beskikbaar by elke wooneenheid en werkarea
    • Skoonmaak van vloere en badkamers - word volgens roetine en voorskrif skoongemaak
  • Opleiding personeel

    • Opleiding is gedoen vir personeel, inwoners en families met die opskerp van korrekte handwastegniek
    • Kennis en begrip van die Covid 19 Virus
    • Berading: Personeel is ontlont rondom bekommernisse, vrese of probleme in die tydperk
  • Opleiding Inwoners

    • Inwoners word opgelei op deeglike handwastegnieke en begelei om die verskerpde persoonlike higiene te handhaaf.
    • Aanvaarbare afstand behou (social distancing) en nuwe maniere van groet
    • Opleiding oor die dra van maskers
    • Opleiding moet kreatief gedoen word en geleer word per individu soos hulle vlak van funksionering dit toelaat, en ook baie herhaal word.
  • Versorgers/personeel

    • Addisionele versorgers word aangestel vir toesig en om nuwe maatreels te implimenteer
  • Sosiale Afstand

    • Verskeie veranderinge is in plek gesit om sosiale afstand (Social Distancing) in plek te sit:
    • Merk van banke en sitplekke wat nie mag gebruik word nie bv TV kamer
    • Vermindering van sitplekke (stoele) in eetsaal per tafel
    • Werkareas word verdeel in kleiner groepe en skofte
  • Kombuis en eetsaal

    • Herstrukturering van kombuis en eetsaal roetines om sosiale afstand te behou:
    • Minder mense in eetsaal op 'n slag - Lewering van etes tot 3 rondtes per ete
    • Inwoners word per tafel bedien en staan nie meer in 'n tou nie
    • Eetsaal word skoongemaak na elke rondte
    • Kombuis word gesluit buite etenstye om vlak van higiene te behou
    • Kleiner kombuisspan van 5 mense wat sosiale afstand en hoër vlak van higiëne kan verstaan en handaaf
    • Sommige groepe sal in hul eie areas eet e.g. club Phoenix
  • Maatskaplik

    • ‘n Nuwe normaal/roetine/ritme word geskep
    • Terapeutiese intervensie word gedoen soos nodig om frustrasies te ontlont totdat die nuwe ritmes die nuwe normaal word
    • Tasdeprivasie kan nuwe gedragsprobleme na vore laat tree. Fisiese hand-en voet versorging word daarvoor opgeskerp
    • Vanaf Mei word nuwe eko-terapie program geïmpleminteer, o.a. Tuinbou, dier-ondersteunde terapie, Fisiese oefening (natuur stappies) in natuurlike omgewing, betrokkenheid in bewaringsaktiwiteite
    • Terapeute is daagliks beskikbaar om inwoners te help met die hantering van verandering.
  • Was- en Strykdiens

    • Die was en stryk van beskermde klere en maskers volgens voorskrif gaan addisionele druk op die wassery plaas
  • Inkopies

    • Dorpsdae is gekanselleer
    • Arbeidsterapeut help inwoners om 'n lys op te stel sodat personeel namens hul inkopies kan gaan doen
    • Persone wat inkopies doen, moet protokols volg met terugkeer na die sentrum
    • Alle pakkies word gesaniteer
  • Kospakkies

    • Voorsien en aflewering van kospakkies aan dagwerkers
  • Gesonde Lewensstyl

    • Gesonde lewensstyl en dieet is meer belangrik as ooit tevore
    • Die Snoepie implimenteer 'n "robot" sisteem om gesonde keuses aan te moedig, en verkoop ook ander items soos inkleurboeke
    • Terwille van geestesgesondheid, moet mense aanhou beweeg - Inwoners word geneem om te stap op die terrein daagliks om 4pm
  • Arbeidsterapie

    • Oefengroepe gaan kleiner wees - 5 mense per keer, veral omdat vrywilligers nie beskikbaar sal wees nie
    • Skoonmaak van toerusting tussen elke oefensessie
  • Werkareas

    • Terwyl werkareas toe is (tydens grendel-tyd), word elke inwoner 'n daaglikse taak/sinvolle werk gegee volgens hul funksionereing en vemoëns, bv. onderhoud / skoonmaak/ herstrukturering van werkareas
    • Twee instrukteurs van Handwerk werk tans aan die maak van maskers en beskermde klere, met twee inwoners wat help
    • Nuwe werkareas word ontwikkel om kleiner groepe te akkommodeer
    • Afhangend van die aard van die werk, kan sommige take buite die werkareas gebeur
  • Indien inwoner siek raak

    • Isoleer in kamer, vir enige kondisie soos verkoue of diaree.
    • Indien hul meer ernstig siek is, sal hul na 'n isolasie eenheid geneem word en kamer saniteer word
  • Isolasie eenheid

    • Spesiale reëlings is in grendel-tyd getref om 'n addisionele isolasie eenheid moontlik te maak. Beplande veranderinge vir kantoorruimte kan vir 'n noodtydperk as isolasie eenheid benut word. Huis Horison het tans drie isolasie kamers met eie badkamers.
  • Klere protokol

    • Beskermde klere sal in gebruik gesit word sodra personeel van publieke vervoer gebruik maak
    • Die volgende Klere protokols moet gevolg word:
    • Indien eie vervoer gebruik word en kom direk van die huis af:
      • Stort by huis (isolasie) en trek skoon klere aan, doen geen stoppe na Huis Horison.
    • Indien publieke vervoer gebruik word:
      • Trek skoon/beskermde klere aan met aankoms by Huis Horison, voordat skof begin
      • Vuil klere moet in sakke geplaas en gewas word
    • Indien persoon die perseel verlaat om dorp toe te gaan, hetsy in eie of publieke vervoer:
      • Stort met aankoms by Huis Horison, trek skoon/beskermde klere aan sowel as kop-bedekking.
      • Vuil klere moet in sakke geplaas en gewas word
  • Vuil klere moet in sakke geplaas en gewas word

    • Inwoners wat terugkeer
    • Alle goedere, tasse ens moet met sanitiseerder afgewas word en inwoners word vergesel na hul leefarea
    • Opleiding en stelsematige Inskakeling tov die nuwe norm moet gedoen word per individu
  • Dagbesteding

    • Met die fokus op kleiner werkareas, waar inwoners in die oggend- of middagskof werk, word lewensvaardighede, kreatiwiteit en oefengroepe aangebied vir diegiene wat nie in die werkareas is nie.
  • Spiritualiteit

    • Nagmaal en opstandingsdiens is gedoen tydens Paastyd, met nodige higieniese protokols en sosiale afstand gehandhaaf
  • Ouers en Familie

    • Alle navrae word met empatie hanteer in die moeilike tyd
    • Personeel doen ekstra moeite om inwoners in kontak te hou met hul ouers/families
    • Families kan pakkies stuur ("Care packages"). Enige inkomende pakkies word gesaniteer
  • Instandhoudingsdiens

    • Versorging van die terrein moet voortgaan
    • Maklik om sosiale afstand te handhaaf
  • Herwinning/skenkings

    • Aflewerings, skenkings, herwinning, en vrywilligers is gesluit tot verdere kennisgewing
  • Risikobestuur

    • Risikobestuur stel besonder groot uitdagings. Ons volg tendense en doen volhoubare langtermyn beplanning.

Hierdie maatreëls dra tog ‘n finansiële implikasies en daarom het ons ‘n spesiale “Corona-Virus-Fonds” geskep om voorsiening te maak daarvoor dat die uitgawes nie noodwendig ‘n impak op die bestaande begroting sal maak nie.

Elke jaar maak ons fondsinsameling ‘n groot bydrae tot die sentrum se onkostes, maar weens die ongewone omstandighede is selfs die fondsinsamelingsfunksies in gedrang, en ons benodig u ondersteuning nou meer as ooit tevore. Onthou, enige donasies kwalifiseer vir ‘n Artikel 18A belastingsertifikaat.

afAfrikaans