Skip to main content

Annatjie Ludik tree af

Annatjie het 2001 as ‘n ma by Huis Horison betrokke geraak, toe haar down-sindroom dogter, Marie-Louise, by Huis Horison aangesluit het. Annatjie was dadelik baie betrokke en het aangesluit by die ouergroep wat fondse ingesamel het vir die sentrum.

In 2007 het Annatjie betrokke geraak by die aanbieding van lewensvaardighede vir die inwoners. Dit was ‘n tydelike pos, maar Annatjie het tussendeur ook aangebied om uit te help deur die aflos van personeel en haar hulp daardeur aangebied.

In 2011 sluit sy aan by die personeel as Dienstebestuurder. Dit het behels die residensiële bestuur en versorging vir die inwoners. Sy het deurentyd ook aangehou met hulp met fondsinsameling en met die reel van Huis Horison se Opedag (wat uiteindelik die Kermis geword het wat ons vandag ken).

Marie-Louise is laat in 2020 oorlede, waarna Annatjie die rol van personeelopleiding opgeneem het en ook met vele administratiewe take bygestaan het.

Sy het in 22 jaar deel van die sentrum se prentjie geword, en die enigste plekke waar sy eintlik maar NIE betrokke was nie, is die bakkery of werkkamers!

Ons wens aan Annetjie ‘n welverdiende aftrede in 2023 saam met haar man, Jan. Haar warm en vrolike gesindheid, selfs te midde van die verlies van haar kinders, het ‘n indruk op almal by Huis Horison gelaat.

           

en_GBEnglish (UK)