Kom neem deel aan Huis Horison se Potjiekos Kompetisie en kom beïndruk die beoordeelaars met jou wenner potjie!  Die kompetisie word aangebied aan ‘n as deel van die jaarlikse Somerkermis.

Datum:                        Saterdag 2 November 2019

Plek:                             Huis Horison, 1 Patrys straat, Onder Papegaaiberg, Stellenbosch

Tyd:                              Begin wanneer jy wil. Potjies word stiptelik om 12h00 beoordeel.

Inskrywingsfooi:        R250 per pot (span van 2-4).

Sluitingsdatum vir inskrywings: Vrydag 25 Oktober 2019

Navrae:  projekte@huishorison.org.za

Die Potjiekos sal na die tyd verkoop word as deel van die Kermis middagete, en alle opbrengs van die geleentheid is ten bate van Huis Horison.

Skryf Nou In

Beoordeling

SMAAK 15 PUNTE

  1. Sout gehalte.
  2. Bestandele van potjie moenie mekaar oorheers.
  3. Komplimenteer die geure mekaar?
  4. Algehele geur en smaak.

VOORKOMS EN TEKSTUUR 15 PUNTE

  1. Is die kos gaar / oorkook?
  2. Is die vleis taai / sag?
  3. Hoe lyk die potjie as dit voorgesit word?

KREATIWITEIT 10 PUNTE

  1. Is dit interessant?
  2. Is dit uniek?
  3. Is interessante kombinasies gebruik?

SPANGEES EN VOORKOMS 10 PUNTE

  1. Hoe lyk jou plot?
  2. Wat het julle gedoen vir gees?
  3. Betyds klaar?

TOTAAL 50

Reëls

  1. Inskrywingsfooi per pot is R250.
  2. Elke ingeskrewe pot ontvang 2 bottels wyn, hout en braaidrom, tafels en stoele.
  3. Geen voorafbereide disse mag in die pot gebruik word nie.
  4. Potte van enige kategoriee mag inskryf (naamlik rooivleis, wilds, seekos of hoender) maar almal word teen mekaar beoordeel.
  5. Ons vra u om so streng as moontlik by die beoordelingstyd te bly wat aan u gegee word, om sodoende te verseker dat almal betyds klaar is. Punte sal afgetrek word vir u span as u nie by beoordelingstyd hou nie.
  6. U moet asseblief verseker dat u eetgerei, ‘n driepoot pot (nr 3 of groter), potstaander, tafeldoek, vuuraanstekers, ens saambring.
  7. Die deelnemers kan enige bykosse voorberei, solank dit by Huis Horison op die vuur gemaak word, bv. rys of potbrood.
  8. Die wenners sal elk ‘n Huis Horison geskenk pak sowel as ‘n Bottel wyn wen .
en_GBEnglish (UK)
afAfrikaans en_GBEnglish (UK)