Ons is opgewonde om aan te kondig dat Huis Horison se Kermis Saterdag 7 November 2020 weer plaasvind op ons terrein in Onder Papegaaiberg, vanaf 09:00 – 13:00.

Die Kermis is ‘n heerlike dag vir die familie, en moenie misgeloop word nie.

Dinge om na uit te sien:

König Koffie sal van vroeg af hier wees om vir ons heerlike koffie, cuppacinos en meer te maak.

Die Horison Challenge veldwedloop (“Trail Run”) skop al vroeg af met twee afstande, +-5km en +-10km.  Vooraf inskrywings  sluit 4 November en laat inskrywings sal op die dag geneem word.

Kom neem deel aan die Potjiekoskompetisie, en beïndruk die beoordeelaars met jou wenner potjie! R250 per potjie. Kliek hier vir meer inligting en inskrywings.

Moenie uitmis op ‘n heerlike Kermisboks nie – nuut by hierdie jaar se kermis! Lees meer en bestel joune nou, want hoeveelhede is beperk.

Jy kan ook hierdie jaar jou Groenteboks, gevul met ‘n verskeidenheid vars, plaaslike groente, vooraf bestel. Bestel nou.

Snapscan en kaartfasiliteite sal beskikbaar wees. Navrae vir Elzabi op (021) 887 5080 of e-pos bemarkingadmin@huishorison.org.za.

Geen toegang sonder ‘n masker en alle Covid-19-protokol geld.

Is jou program net te besig?

Ons weet almal is besig! Indien u nie die kermis kan bywoon nie, oorweeg dit asseblief om ons te ondersteun deur ‘n donasie te maak van u keuse.

Skenking van goedere

Neem asb kennis dat indien u op die dag van die Kermis voorbereide goedere wil aflaai (bv.) koeke, ens.), meld asb by die Inligting stalletjie aan, waar u gehelp sal word.

Ons benodig ook verskeie items en bestanddele vir die kermis self, en sal vooraf enige skenkings hiervoor waardeer:

  • Suiker
  • Koekmeel
  • Eiers
  • Suurlemoensap
  • Margarien
  • Botter
  • Kondensmelk
  • Blatjang
  • Tamatie sous
  • Cheddar kaas
  • Vla (langlewe)
  • Jelly
  • Ideal Melk
  • Mayonnaise
  • Rys
  • Fyn Kaneel
  • Olie
  • Tee
  • Peppermint crisp sjokolade
  • Tennisbeskuitjies
  • Melk (langlewe)
  • Vanilla Essence/Geursel
  • Baked beans
  • Servette (wit, rooi, groen, of goud)
  • Wors
  • Lekkers
  • Charcoal
  • Bakpoeier

Ons verwelkom ook skenkings van:

  • Boeke
  • Plante
  • Koeke
  • Klere

As u graag as ‘n vrywilliger wil kom help op die dag, kontak asb vir projekte@huishorison.org.za

en_GBEnglish (UK)
afAfrikaans en_GBEnglish (UK)