{"id":3504,"date":"2019-11-26T08:39:59","date_gmt":"2019-11-26T06:39:59","guid":{"rendered":"https:\/\/www.huishorison.org.za\/?p=3504"},"modified":"2019-11-26T08:40:28","modified_gmt":"2019-11-26T06:40:28","slug":"ons-groet","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.huishorison.org.za\/en\/ons-groet\/","title":{"rendered":"Ons Groet"},"content":{"rendered":"\n\t\t<div id=\"fws_6a66722147878\"  data-column-margin=\"default\" data-midnight=\"dark\"  class=\"wpb_row vc_row-fluid vc_row\"  style=\"padding-top: 0px; padding-bottom: 0px; \"><div class=\"row-bg-wrap\" data-bg-animation=\"none\" data-bg-animation-delay=\"\" data-bg-overlay=\"false\"><div class=\"inner-wrap row-bg-layer\" ><div class=\"row-bg viewport-desktop\"  style=\"\"><\/div><\/div><\/div><div class=\"row_col_wrap_12 col span_12 dark left\">\n\t<div  class=\"vc_col-sm-12 wpb_column column_container vc_column_container col no-extra-padding\"  data-padding-pos=\"all\" data-has-bg-color=\"false\" data-bg-color=\"\" data-bg-opacity=\"1\" data-animation=\"\" data-delay=\"0\" >\n\t\t<div class=\"vc_column-inner\" >\n\t\t\t<div class=\"wpb_wrapper\">\n\t\t\t\t\n<div class=\"wpb_text_column wpb_content_element \" >\n\t<div class=\"wpb_wrapper\">\n\t\t<blockquote>\n<h5>Annie en Frederik (Vissie) de Klerk is al so lank deel van Huis Horison dat \u2019n mens moeilik kan dink aan Huis Horison sonder die De Klerks.<\/h5>\n<\/blockquote>\n<p>Die sentrum was 10 jaar oud toe die egpaar in 1984 as huisouers aangestel is. Min het hulle geweet dat hulle vir 35 jaar sou aanbly, hulle kinders hier sou grootmaak, en groot veranderinge saam met die sentrum sou beleef.<\/p>\n<p>Vissie was nog altyd lief vir plaaswerk en ook vir onderwys. As tuinbou-<img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-3506 alignright\" src=\"https:\/\/www.huishorison.org.za\/wp-content\/uploads\/2019\/11\/Vissie-Trekker-e1574750022237-169x300.jpg\" alt=\"\" width=\"169\" height=\"300\" \/>instrukteur vir mans kon hy sy twee liefdes by Huis Horison uitleef. Annie, \u2019n opgeleide verpleegster, het weer maklik ingepas as kosmatrone en aflos-huismoeder. Sy was ook verantwoordelik vir inwoners se mediese versorging.<\/p>\n<p>Die grootste veranderinge wat die De Klerks beleef het, was die ontwikkeling van twee nuwe wooneenhede in 1993 en 2006 wat die inwonertal van 28 na ongeveer 90 laat groei het. Nuwe werkkamers vir die houtw<\/p>\n<p>erk- en herwinningsafdelings, administratiewe kantore, \u2019n gimnasium, swembad en studio is ook mettertyd ontwikkel.<\/p>\n<p>Huis Horison se geliefde bus is in 1985 aangeskaf en Vissie moes spesiaal \u2019n kode 14-lisensie daarvoor kry. Die uitstappies en toere wat hulle met di\u00e9 bus meegemaak het, is van hul mooiste herinneringe. Daar was \u2019n blommetoer Elandsbaai en Citrusdal toe, met \u2019n kuier by Vissie se ma in Hopefield daarby ingesluit, en ook toere na Hartenbos, Noetzie, Knysna, Disa-Kloof en Bettiesbaai, en natuurlik vele kampe en uitstappies na konserte.<\/p>\n<p>Vissie was ook intens betrokke by Huis Horison se atletiek-program en hy het inwoners na menige atletiekbyeenkoms vergesel, soms so ver as Kimberley, Oudtshoorn en Bloemfontein. Vissie, op sy dag \u2019n kranige atleet, het die atlete afgerig en gesien hoe sommige van hulle Boland-kleure verwerf en selfs nasionale vlak haal.<\/p>\n<p>Jy sien nooit vir Vissie stilsit nie, behalwe as hy oral op die terrein op sy trekker kan rondry. Aanvanklik was die omgewing maar grou, vol bossies en dro\u00eb gras, maar vandag is die sentrum se tuine met hul struike, bome, blomme iets waarop hy en sy span met reg trots kan wees. En moenie die groentetuin en die suurlemoen- en olyfboorde vergeet nie!<\/p>\n<p>Annie het \u2019n 2007 die geleentheid gesien om \u2019n bakkery oop te maak as addisionele werkarea en inkomste vir Huis Horison. Sy en Alta Marais het \u2019n reeks resepte ontwikkel wat van dag een af baie gewild was. Annie se hoenderpastei en bobotie word nog volgens die goeie ou tradisionele resep gemaak, en mense ry ver om dit in die hande te kry. Die bakkery se eetgoed was ook van die begin af deel van die sentrum se opedag, iets wat gegroei het tot deesdae se gewilde kermis.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-3508 alignleft\" src=\"https:\/\/www.huishorison.org.za\/wp-content\/uploads\/2019\/11\/IMG-20180727-WA0002-300x225.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"225\" srcset=\"https:\/\/www.huishorison.org.za\/wp-content\/uploads\/2019\/11\/IMG-20180727-WA0002-300x225.jpg 300w, https:\/\/www.huishorison.org.za\/wp-content\/uploads\/2019\/11\/IMG-20180727-WA0002-600x450.jpg 600w, https:\/\/www.huishorison.org.za\/wp-content\/uploads\/2019\/11\/IMG-20180727-WA0002-768x576.jpg 768w, https:\/\/www.huishorison.org.za\/wp-content\/uploads\/2019\/11\/IMG-20180727-WA0002-1024x768.jpg 1024w, https:\/\/www.huishorison.org.za\/wp-content\/uploads\/2019\/11\/IMG-20180727-WA0002.jpg 1280w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/>Die De Klerks het oor die jare baie mense hier by Huis Horison ontmoet, en was hulle deurentyd \u2019n anker vir die inwoners sowel as personeel. Hulle standvastigheid en toewyding is die rede waarom die inwoners hulle sien as familie en as ouers.<\/p>\n<p>Hulle s\u00ea dan ook dat hulle die mense die meeste gaan mis. Hulle het sterk bande gesmee met almal wat deel was en is van Huis Horison, van inwoners, ouers, dagwerkers en personeel tot vrywillige betrokkenes. Hulle eie kinders en kleinkinders het hier grootgeword. Elke persoon se weggaan of afsterwe was vir hulle asof hulle \u2019n kind verloor. En miskien was dit juis die dryfkrag van hul lewe \u2013 om hulle harte oop te maak vir hulle medemens, vir elkeen wat oor hulle pad kom.<\/p>\n<p>Vissie en Annie het gehelp om Huis Horison \u2019n tuiste te maak vir sy inwoners. Hulle en hulle spesiale begrip en liefde vir die inwoners is onvervangbaar.<\/p>\n<blockquote><p>\nDie een ding wat Vissie nie eintlik sal mis nie, is die warm stort wat meteens yskoud word as daar \u2019n kraan langsaan oopgedraai word&#8230;\n<\/p><\/blockquote>\n<p>Ons gaan julle mis!<\/p>\n\t<\/div>\n<\/div>\n\n\n\n\n\t\t\t<\/div> \n\t\t<\/div>\n\t<\/div> \n<\/div><\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"Annie en Frederik (Vissie) de Klerk is al so lank deel van Huis Horison dat \u2019n mens moeilik kan dink aan Huis Horison sonder die De Klerks. Die sentrum was...","protected":false},"author":2,"featured_media":3507,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[49],"tags":[],"class_list":["post-3504","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","category-horizon-house"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.huishorison.org.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3504","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.huishorison.org.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.huishorison.org.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.huishorison.org.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.huishorison.org.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3504"}],"version-history":[{"count":5,"href":"https:\/\/www.huishorison.org.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3504\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":3512,"href":"https:\/\/www.huishorison.org.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3504\/revisions\/3512"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.huishorison.org.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/3507"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.huishorison.org.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3504"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.huishorison.org.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3504"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.huishorison.org.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3504"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}