‘n Village Skildery (Mural)
R10.00
Ons is in die proses om ‘n 2m x 1.5m muurpaneel van hierdie wonderlike skildery van Renoir vir die Studio te maak
Ons wil graag dat elke inwoner, dagwerker, personeellid, familielid, vriend van Huis Horison en belangstellende persoon sy merk sal kom maak
Elkeen sal sy eie blokkie(s) kan kom verf en sodoende deel wees van hierdie ambisieuse projek
Blokkies word aangebied teen R10 elk en ons versoek elke ouer om ‘n paar blokkies vir jou kind en vir jouself te “koop” en saam met jou kind te kom verf.
Daar is ook inwoners, dagwerkers en personeellede wat nie eers R10 het nie. Borgskappe van sodanige mense sal hoog op prys gestel word sodat ALMAL by Huis Horison en Stellenbosch Werksentrum deel van die projek kan wees.
Alle materiaal sal verskaf word.
Kom speel saam dan bou ons ‘n blywende monument van en vir ons Village en bou saam aan dié herinnering van die Huis Horison gemeenskap