Huis Horison se Somerkermis vind op 2 November 2019 om 09:00 – 14:00 by die sentrum in Onder-Papegaaiberg plaas.
Bring die hele familie en besoek hierdie tradisionele kermis met meer as dertig gewilde stalletjies insluitend boeke, pannekoek, bakkery, houtwerk, groente, handwerk, brood en gebottelde produkte, kerrie, afval, bier, kinder stalletjies en veel, veel meer. Kom geniet ons wenner ontbyt en middagete terwyl Kaapland Boereorkes ons vermaak.
Hekke open stiptelik om 09:00.
NUUT hierdie jaar:
Om 07:30 is die eerste Horison Adventure Challenge, ‘n avontuur resies (“Adventure Race”) wat in gemengde spanne van 2, 3 of 4 gedoen word en behels bergfietsry en draf met navigasie. Inskrywings moet vooraf gedoen word en sluit 25 Oktober. Kliek hier vir meer inligting en inskrywings.
Kom neem deel aan die Potjiekoskompetisie, en beïndruk die beoordeelaars met jou wenner potjie! R250 per potjie. Kliek hier vir meer inligting en inskrywings.
Snapscan en kaartfasiliteite sal beskikbaar wees. Navrae vir Elzabi op (021) 887 5080 of e-pos bemarkingadmin@huishorison.org.za.
Is jou program net te besig?
Ons weet almal is besig! Indien u nie die kermis kan bywoon nie, oorweeg dan om eerder ‘n donasie te maak.
Skenking van goedere
Neem asb kennis dat indien u op die dag van die Kermis goedere wil skenk (wit olifant, koeke, ens.), meld asb by die Inligting stalletjie aan, waar u gehelp sal word.
Ons benodig ook verskeie items en bestanddele vir die kermis self, en sal vooraf enige skenkings hiervoor waardeer:
- Meel
- Suiker
- Olie
- Eiers
- Jellie
- Kondensmelk
- Langlewe vla
- Langlewe Melk
- Ideal melk
- Rys
- Suurlemoensap
- Vanilla Essence/Geursel
- Chutney
- Tamatie sous
- Baked beans
- Servette (wit, rooi, groen, of goud)
- Mayonnaise
- Fyn kaneel
- Wors
- Tennis beskuitjies
- Lekkers vir Kinderstal
- Koeke
- Charcoal
- Bakpoeier