{"id":9922,"date":"2026-05-05T14:45:08","date_gmt":"2026-05-05T12:45:08","guid":{"rendered":"https:\/\/www.huishorison.org.za\/?p=9922"},"modified":"2026-05-05T14:45:08","modified_gmt":"2026-05-05T12:45:08","slug":"vat-vlam-vir-n-goeie-saak","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.huishorison.org.za\/af\/vat-vlam-vir-n-goeie-saak\/","title":{"rendered":"Vat vlam vir \u2019n goeie saak"},"content":{"rendered":"<div id=\"fws_6ace2685cf34d\"  data-column-margin=\"default\" data-midnight=\"dark\"  class=\"wpb_row vc_row-fluid vc_row\"  style=\"padding-top: 0px; padding-bottom: 0px; \"><div class=\"row-bg-wrap\" data-bg-animation=\"none\" data-bg-animation-delay=\"\" data-bg-overlay=\"false\"><div class=\"inner-wrap row-bg-layer\" ><div class=\"row-bg viewport-desktop\"  style=\"\"><\/div><\/div><\/div><div class=\"row_col_wrap_12 col span_12 dark left\">\n\t<div  class=\"vc_col-sm-12 wpb_column column_container vc_column_container col no-extra-padding inherit_tablet inherit_phone\"  data-padding-pos=\"all\" data-has-bg-color=\"false\" data-bg-color=\"\" data-bg-opacity=\"1\" data-animation=\"\" data-delay=\"0\" >\n\t\t<div class=\"vc_column-inner\" >\n\t\t\t<div class=\"wpb_wrapper\">\n\t\t\t\t\n<div class=\"wpb_text_column wpb_content_element\" >\n\t<div class=\"wpb_wrapper\">\n\t\t<p class=\"translation-block\">Huis Horison se Vlamvatters is meer as net vuur-aanstekers, dit is \u2019n inisiatief met \u2019n doel. Dit is \u2019n gewilde item by die kermis en as \u2019n geskenk, veral nou dat dit in \u2019n mooi en \u201csjiek\u201d nuwe verpakking beskikbaar is. Daar is Stellenbossers en vriende van die sentrum wat nie meer hul kaggel of braaivleisvuur met enigiets anders as hierdie vlamvatters wil stook nie. Wanneer die sentrum \u2019n geskenkpakkie uitdeel, wil die ontvangers dikwels vooraf weet of daar vlamvatters in die sak is.<\/p>\n<p class=\"translation-block\">Die vraag is, wat is \u2019n vlamvatter en hoe het dit alles begin?<\/p>\n<p class=\"translation-block\">Antonie Vosloo, \u2019n inwoner van Huis Horison, het in 1974 in \u2019n ernstige motorongeluk breinbeserings opgedoen. Sy ouers moes baie kreatief raak om hul seun gedurende en na sy hersteltyd te stimuleer en sinvol besig te hou. \u2019n Vriendin van die familie het voorgestel dat hy koerantpapier vou, wat ook sy spierbeheer sou verbeter. Antonie en sy pa het aan die werk gespring en sommer gou berge gevoude koerantpapier gehad.<\/p>\n<p class=\"translation-block\">En so het die eerste vlamvatters die lig gesien \u2013 Antonie se ma, Christa, het kerswas gesmelt en die gevoude koerantpapier daarin gedoop. Die vlamvatters is toe mooi verpak in sakkies wat ook van koerantpapier gemaak is. Die familie se vriendekring het almal help sakkies stik. In 2012, na die Vosloo-gesin vir heelparty jare vlamvatters gemaak en vir Huis Horison verkoop het, het die sentrum die projek oorgeneem, en dit het \u2019n blywende produk uit ons werkkamers geword.<\/p>\n<p class=\"translation-block\">Die maak van die vlamvatters is inderdaad \u2019n spanpoging. Ons Club Phoenix groep neem die voortou met die vou van die vlamvatters, veral Ansie, wat baie lief is vir die skeppende werk. Personeel neem dan die leisels om die doopwerk te doen wanneer ou kerse en kerswas versigtig gesmelt word en vlamvatters daarin gedoop word. Daarna word die vlamvatters verpak en etikette opgesit voordat dit op Village Thyme se rakke verskyn.<\/p>\n<p class=\"translation-block\">En so het \u2019n aktiwiteit en \u2019n produk wat ontstaan het om een persoon besig te hou en as terapie te dien, \u2019n spanaktiwiteit geword en nuwe betekenis aan \u2019n hele groep mense se dagroetine gegee. Nog beter, daar word herwinbare materiaal sinvol gebruik om iets nuut en nuttig te skep - wat weereens spreek na Huis Horison se omgewingsvriendelike benadering \u2013 en dis boonop \u2019n bron van inkomste vir die sentrum.<\/p>\n<p class=\"translation-block\">Ons is dankbaar vir enige donasies van kerswas en ou kerse van individue en restaurante.<\/p>\n<p>Vlamvatters kan gekoop word by <a href=\"https:\/\/www.huishorison.org.za\/af\/village-thyme\/\">Village Thyme<\/a> of <a href=\"https:\/\/www.huishorison.org.za\/af\/product\/vlamvatters\/\">op ons webwerf<\/a>.\u00a0<\/p>\n\t<\/div>\n<\/div>\n\n\n\n\n\t\t\t<\/div> \n\t\t<\/div>\n\t<\/div> \n<\/div><\/div>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"Huis Horison Vlamvatters (Firelighters) are more than just any fire-lighters, they are an initiative with a purpose. It is a popular item at the Kermis and as a gift, especially...","protected":false},"author":2,"featured_media":4351,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[48],"tags":[],"class_list":["post-9922","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","category-events"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.huishorison.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/9922","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.huishorison.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.huishorison.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.huishorison.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.huishorison.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=9922"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.huishorison.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/9922\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":9923,"href":"https:\/\/www.huishorison.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/9922\/revisions\/9923"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.huishorison.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/4351"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.huishorison.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=9922"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.huishorison.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=9922"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.huishorison.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=9922"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}