{"id":3534,"date":"2019-11-26T07:36:40","date_gmt":"2019-11-26T05:36:40","guid":{"rendered":"https:\/\/www.huishorison.org.za\/?p=3534"},"modified":"2019-11-29T08:59:26","modified_gmt":"2019-11-29T06:59:26","slug":"nuusbrief-november-2019","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.huishorison.org.za\/af\/nuusbrief-november-2019\/","title":{"rendered":"Nuusbrief November 2019"},"content":{"rendered":"<div id=\"fws_6a8bb9fbf1c4a\"  data-column-margin=\"default\" data-midnight=\"dark\"  class=\"wpb_row vc_row-fluid vc_row\"  style=\"padding-top: 0px; padding-bottom: 0px; \"><div class=\"row-bg-wrap\" data-bg-animation=\"none\" data-bg-animation-delay=\"\" data-bg-overlay=\"false\"><div class=\"inner-wrap row-bg-layer\" ><div class=\"row-bg viewport-desktop\"  style=\"\"><\/div><\/div><\/div><div class=\"row_col_wrap_12 col span_12 dark left\">\n\t<div  class=\"vc_col-sm-12 wpb_column column_container vc_column_container col no-extra-padding\"  data-padding-pos=\"all\" data-has-bg-color=\"false\" data-bg-color=\"\" data-bg-opacity=\"1\" data-animation=\"\" data-delay=\"0\" >\n\t\t<div class=\"vc_column-inner\" >\n\t\t\t<div class=\"wpb_wrapper\">\n\t\t\t\t\n<div class=\"wpb_text_column wpb_content_element\" >\n\t<div class=\"wpb_wrapper\">\n\t\t<blockquote><p>\nStephanie Booysen is een van daardie wonderlike mense wat die kuns verstaan om mense tuis te laat voel by haar.\n<\/p><\/blockquote>\n<p>Sy is toeganklik en vriendelik en nie suinig met haar mooi glimlag nie, \u2019n ware sonstraal vir haar vriende, huisgenote en kollegas hier by Huis Horison.<\/p>\n<p>Stephanie het as oudste van drie kinders in Brackenfell grootgeword, skoolgegaan in Milnerton by De Grendel Ho\u00ebrskool en daarna, in 1996, Tygerberg Kollege se Educare-kursus voltooi. Sedert 2002 woon sy permanent by Huis Horison.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-3535 alignright\" src=\"https:\/\/www.huishorison.org.za\/wp-content\/uploads\/2019\/11\/Stephanie-trix-bw-190x300.jpg\" alt=\"\" width=\"190\" height=\"300\" \/>\u2019n Mens kan amper s\u00ea haar familie is oor die hele w\u00eareld versprei. Haar pa en broer woon in Durbanville en Woodstock onderskeidelik, haar suster woon met haar twee tienerkinders in Oregon Amerika en haar ma in Hawaii. Al kuier sy gereeld by die familie wat binne bereik is en verlang sy na die familie wat ver is, is dit g\u2019n wonder dat Huis Horison haar hartstuiste is nie!<\/p>\n<p>Stephanie is \u2019n steunpilaar in die waskamer, waar sy elke dag werk. Getrou aan haar aard ontferm sy haar oor die jonger meisies wat daar werk en help en ondersteun hulle. Al is sy teruggetrokke, is sy altyd behulpsaam, en geduldig en vriendelik met almal wat haar pad kruis.<\/p>\n<p>Sy is lief vir brei, soos almal wat al een van haar serpe present gekry het, kan getuig. Sy brei ook op bestelling. Sy hou van musiek en swem wanneer sy kan. Een van haar drome is om nog eendag in Hawaii in die see te gaan swem. Sy stap ook graag en sy en haar vriend, Nathan, stap gereeld dorp toe. Dis net 5 km ver, s\u00ea sy!<\/p>\n<p>Kinders en honde l\u00ea haar na aan die hart, en sy is altyd daar as PAT (Pets As Therapy) en hul honde Huis Horison besoek. Sy gaan ook graag saam op die AWSS-groep uitstappies.<\/p>\n<p>Omdat Stephanie prim\u00ear intellektueel gestrem is, kan sy maklik uitgebuit word en kan sy ook nie op haar eie leef en werk nie. Huis Horison is egter vir haar \u2019n tuiste, \u2019n omgewing waar sy as mens kan blom. Hier is sy veilig en geborge, en hier is vriende en personeel wat hulle harte vir haar oopmaak en haar help om \u2019n gelukkige, vervullende lewe te ervaar.<\/p>\n<p>En dit kan alles met Stephanie en al ons ander inwoners gebeur omdat jy ook bereid is om jou hart oop te maak vir ons inwoners. Dankie vir jou belangstelling, omgee en uitreik. Dit is vir ons baie spesiaal.<\/p>\n<p>En wat so lekker is, is dat jy op verskillende maniere by Huis Horison betrokke kan wees. Jy kan <a href=\"https:\/\/www.huishorison.org.za\/af\/donations\/\">skenk (eenmaal of gereeld).<\/a>Jy kan ons <a href=\"https:\/\/www.huishorison.org.za\/af\/events\/\">funksies<\/a> of <a href=\"https:\/\/www.huishorison.org.za\/af\/more-ways-to-help\/\">of ons produkte kom koop.<\/a> Jy kan ons as begunstigde op jou <a href=\"https:\/\/www.huishorison.org.za\/af\/myshool-myvillage-myplanet\/\">My School-kaart kies.<\/a> En jy kan jou tyd en liefde gee deur \u2019n vrywilliger te word en te help op watter manier jy voor kans sien.<\/p>\n<p>Ons het jou hulp werklik nodig. Daarom vra ons dat jy ons asseblief sal ondersteun op een van die genoemde maniere. Jy kan ons webwerf sommer vandag nog by <a href=\"http:\/\/www.huishorison.org.za\/af\/\">www.huishorison.org.za<\/a> besoek, meer van ons doen en late lees en ook aandui wat jy wil doen.<\/p>\n<p>As jy dit nog nie gedoen het nie: ons wil jou graag leer ken! En aan almal wat reeds \u2019n getroue ondersteuner is: baie, baie dankie!<\/p>\n<p>Ons wens vir jou en jou geliefdes \u2019n gese\u00ebnde en verrykende Kerstyd toe.<\/p>\n<p>Elza C Bresler<br \/>\nUitvoerende Direkteur<\/p>\n\t<\/div>\n<\/div>\n\n\n\n\n\t\t\t<\/div> \n\t\t<\/div>\n\t<\/div> \n<\/div><\/div>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"Stephanie Booysen is one of those lovely people who knows exactly how to make you feel at home. She is friendly and accessible, and generous with her smile. She is...","protected":false},"author":2,"featured_media":3535,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[49],"tags":[],"class_list":["post-3534","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","category-horizon-house"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.huishorison.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3534","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.huishorison.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.huishorison.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.huishorison.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.huishorison.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3534"}],"version-history":[{"count":9,"href":"https:\/\/www.huishorison.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3534\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":3567,"href":"https:\/\/www.huishorison.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3534\/revisions\/3567"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.huishorison.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/3535"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.huishorison.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3534"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.huishorison.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3534"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.huishorison.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3534"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}