{"id":3678,"date":"2020-03-30T10:41:17","date_gmt":"2020-03-30T08:41:17","guid":{"rendered":"https:\/\/www.huishorison.org.za\/?page_id=3678"},"modified":"2020-04-01T15:05:42","modified_gmt":"2020-04-01T13:05:42","slug":"vrabrief-april-2020","status":"publish","type":"page","link":"https:\/\/www.huishorison.org.za\/af\/vrabrief-april-2020\/","title":{"rendered":"Horisonnuus Inleiding April 2020"},"content":{"rendered":"<div id=\"fws_6aaedfe6c0480\"  data-column-margin=\"default\" data-midnight=\"dark\"  class=\"wpb_row vc_row-fluid vc_row\"  style=\"padding-top: 0px; padding-bottom: 0px; \"><div class=\"row-bg-wrap\" data-bg-animation=\"none\" data-bg-animation-delay=\"\" data-bg-overlay=\"false\"><div class=\"inner-wrap row-bg-layer\" ><div class=\"row-bg viewport-desktop\"  style=\"\"><\/div><\/div><\/div><div class=\"row_col_wrap_12 col span_12 dark left\">\n\t<div  class=\"vc_col-sm-12 wpb_column column_container vc_column_container col no-extra-padding\"  data-padding-pos=\"all\" data-has-bg-color=\"false\" data-bg-color=\"\" data-bg-opacity=\"1\" data-animation=\"\" data-delay=\"0\" >\n\t\t<div class=\"vc_column-inner\" >\n\t\t\t<div class=\"wpb_wrapper\">\n\t\t\t\t<div class=\"divider-wrap\" data-alignment=\"default\"><div style=\"height: 25px;\" class=\"divider\"><\/div><\/div>\n<div class=\"wpb_text_column wpb_content_element\" >\n\t<div class=\"wpb_wrapper\">\n\t\t<p>Beste Vriende en Familie<img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-3683 alignright\" src=\"https:\/\/www.huishorison.org.za\/wp-content\/uploads\/2020\/03\/Doppies-300x300.png\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/www.huishorison.org.za\/wp-content\/uploads\/2020\/03\/Doppies-300x300.png 300w, https:\/\/www.huishorison.org.za\/wp-content\/uploads\/2020\/03\/Doppies-150x150.png 150w, https:\/\/www.huishorison.org.za\/wp-content\/uploads\/2020\/03\/Doppies-100x100.png 100w, https:\/\/www.huishorison.org.za\/wp-content\/uploads\/2020\/03\/Doppies-140x140.png 140w, https:\/\/www.huishorison.org.za\/wp-content\/uploads\/2020\/03\/Doppies-350x350.png 350w, https:\/\/www.huishorison.org.za\/wp-content\/uploads\/2020\/03\/Doppies.png 433w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/p>\n<p>Kobus \u201cDoppies\u201d Geldenhuys is lief vir die son, en jy sien hom gewoonlik in die heerlike warm kolletjie langs die noordelike muur van die Jasmyn wooneenheid sit met \u2018n stoel op sy skoot en riempies vleg. Kobus woon al meer as 40 jaar gelukkig by Huis Horison en al is hy 60, wil hy nie graag ophou werk nie, want hy is lief vir houtwerk en meubel restourasie.<\/p>\n<p>Inteendeel, mens sou nie dink hy is al naby aftrede nie &#8211; hy is jonk van gees, en sy o\u00eb vol lewenslus, veral as \u2018n mens begin rugby gesels. Kobus is \u2018n rugby man, dit is sy groot passie. As \u2018n kind het hy gedroom om vir die Springbokke te speel en het \u2018n groot bewondering vir die rugby legendes soos Morn\u00e9 du Plessis en Eben Etzebeth.<\/p>\n<p>Hy het tog \u2018n bietjie rugby gespeel as \u2018n jong man maar moes op die ouderdom van 24 weens beserings in sy bene ophou. Hy was daarna steeds betrokke as \u2018n helper en het die spanne ondersteun en graag water aangedra by plaaslike wedstryde. Deesdae geniet hy dit om \u2018n toeskouer te wees en maak altyd seker hy het \u2018n kaartjie wanneer daar \u2018n wedstryd op Coetzenburg gespeel word.<\/p>\n<p>Almal hier ken hom as \u201cDoppies\u201d, en hy lag lekker uit sy maag as hy vertel hoe hy sy bynaam verwerf het. As \u2018n hulpvaardige mens, het hy as \u2018n jong man spesiaal moeite gedoen om bierdoppies vir \u2018n familievriend se projek in te samel. So doen hy toe \u2018n insamelingspoging by Van der Stel se rugbyklub en slaag daarin om oor \u2018n tydperk met sakke en sakke vol doppies by Huis Horison aan te kom. Kort voor lank het sy vriende hom \u201cDoppies\u201d gedoop \u2013 \u2018n naam wat tot vandag toe vasgesteek het.<\/p>\n<p>Kobus het een suster wat woon in Somerset Wes &#8211; dit is sy enigste familie. Huis Horison is sy tuiste waar hy woon en werk. Hy is lief vir die buitelug en draf nog steeds gereeld. Met sy vriende is hy soms \u2018n regte terggees, en almal geniet sy uitstekende sin vir humor. Omdat hy al so lank hier is, het hy al soveel groei saam met die sentrum meegemaak en is positief oor die nuwe uitbreiding. Hy sien die mooi in die lewe raak, en is \u2018n warm en opregte mens.<\/p>\n<p>Kobus is maar een van die intellektueel gestremde inwoners wat in die geborge gemeenskap van Huis Horison, die geleentheid kry om \u2018n menswaardige lewe te lei. Hy is ook een van die groep wat tydens die w\u00eareldwye \u2018Covid-19\u2019 pandemie, sonder ander heenkome, geduldig in die veilige sorg van Huis Horison bly en hoop vir die lewe om na normaal terug te keer.<\/p>\n<p>Te midde van die uiters ongwone omstandighede, duur Huis Horison se werk dus voort, en as \u2018n nie-winsgewende maatskappy steun ons op die hulp en bydrae van die gemeenskap. Ons kan nie tans besoekers, vrywilligers of goedere ontvang nie, maar ons verwelkom enige finansi\u00eble skenkings. <a href=\"https:\/\/www.huishorison.org.za\/af\/donations\/\"><u>Daar is verskillende maniere wat u kan help<\/u><\/a>, en met hedendaagse tegnologie kan u <a href=\"https:\/\/www.givengain.com\/cause\/13720\/campaigns\/19230\/donate\/#start\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\"><u>met een kliek \u2018n eenmalige, of \u2018n gereelde bydrae maak<\/u><\/a>.<\/p>\n<p>U kan ook:<\/p>\n<ul>\n<li>Huis Horison \u2018n begunstigde op jou MySchool kaart maak<\/li>\n<li>\u2018n Vriend of kollega van Huis Horison vertel<\/li>\n<li><a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/Horizon-House-Huis-Horison-Stellenbosch-144074602340685\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Huis Horison op Facebook volg<\/a><\/li>\n<\/ul>\n<p>Die Horison gemeenskap wil jou graag bedank vir jou belangstelling en kosbare betrokkenheid. Ons wens jou en jou geliefdes vrede en gesondheid toe.<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/www.huishorison.org.za\/wp-content\/uploads\/2020\/03\/OTB8576_HuisHorison_APR2020_web.pdf\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Kliek hier om die April 2020 Nuusbrief te lees<\/a>.<\/p>\n<p>Vriendelike groete,<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-full wp-image-3681\" src=\"https:\/\/www.huishorison.org.za\/wp-content\/uploads\/2020\/03\/Elza-Bresler.jpg\" alt=\"\" width=\"138\" height=\"111\" \/><br \/>\n<strong>Elza C Bresler<\/strong><br \/>\n<em>Uitvoerende Direkteur<\/em><\/p>\n\t<\/div>\n<\/div>\n\n\n\n\n\t\t\t<\/div> \n\t\t<\/div>\n\t<\/div> \n<\/div><\/div>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"Beste Vriende en Familie Kobus \u201cDoppies\u201d Geldenhuys is lief vir die son, en jy sien hom gewoonlik in die heerlike warm kolletjie langs die noordelike muur van die Jasmyn wooneenheid...","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"parent":0,"menu_order":33,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","template":"","meta":{"footnotes":""},"class_list":["post-3678","page","type-page","status-publish"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.huishorison.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/3678","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.huishorison.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/pages"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.huishorison.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/page"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.huishorison.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.huishorison.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3678"}],"version-history":[{"count":6,"href":"https:\/\/www.huishorison.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/3678\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":3697,"href":"https:\/\/www.huishorison.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/3678\/revisions\/3697"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.huishorison.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3678"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}