Verskeidenheid werkareas
Die inwoners word volgens hul funksioneringsvlakke en belangstellings by een van nege werkspanne met toesig ingedeel. Hierdie werkareas bied aan die inwoners terapeutiese waarde tesame met al die voordele van 'n volwaardige werk – diensbaarheid, erkenning, trots, eiewaarde, sosiale samesyn, lewensgehalte en hoop.

Intellektueel gestremde dagwerkers uit die omgewing sluit ook by die spanne aan. Die werkdag begin om 09:00 en eindig om 16:30, en dit sluit etes en teetye in. Die dienste en produkte wat verkoop word, lewer 'n belangrike inkomstestroom vir Huis Horison en sy inwoners.

Opleiding
Alle werkareaspanne word deurlopend opgelei om take van die afdeling, maar ook algemene lewensvaardighede, onafhanklik te kan hanteer.

Eksterne werk
Van die inwoners word by ondernemings in die omgewing geplaas waar hulle werk.

Handwerk

Die Handwerkkamer is een van die oudste werkareas in die sentrum, en daar word alles van poppe, serpe, klere, kwilts en ander huishoudelike artikels gemaak. Inwoners brei, hekel en doen naaldwerk en elke item is uniek. Kom besoek ons om die reeks van items te sien of kontak handwerk@huishorison.org.za.

Die Studio is waar die kreatiewe span wonderlike en oorspronklike dinge doen met ou- en weggooi items. Hulle werk hard aan projekte soos mosaiek, kwilt, versier van ou tasse en meer. Kontak instrukteur@huishorison.org.za vir meer inligting.

Bakkery

Die bakkery het begin to Annie de Klerk 'n geleentheid gesien het om die bakkery as 'n werk area te ontwikkel. Met hulp van Tannie Alta, het hulle resepte ontwikkel vir 'n reeks beskuit en koekies wat steeds hier gebak word. Kliek hier vir ons nuuste prys lys.

Die Hoenderpastei en Bobotie is gunstelinge, maar kan slegs op bestelling gekoop word! Bestellings kan gedoen word van Maandae tot Woensdae. Oop weeksdae van 0+:00 - 16:00. Epos: bakkery@huishorison.org.za

Ons neem ook spesiale bestellings en verskaf aan gastehuise. Kontak gerus bemarking@huishorison.org.za vir meer informasie.

Houtwerk

Hierdie span verrig wonderwerke met die restoureer en regmaak van meubels. Dit sluit in riempiewerk, afskuur en vernis. Hulle maak ook hout speelgoed, pophuise en verskeie klein items, kinder meubels en tuinstelle.

Items kan op bestelling gemaak word. Bring gerus u stukkende meubels vir herstelwerk. Oop weeksdae 09:00 - 16:00

Kontak Francois Burrows tegniesedienste@huishorison.org.za vir meer inligting.

Tuin en Terreindienste

Hierdie groep, is bekend as “The Green Team”, is voortdurend besig in die tuine en neem verantwoordelikheid vir alle aspekte van die tuine en terrein rondom die sentrum.

Kombuis

Hierdie groep berei etes voor vir die inwoners en sorg vir die skoonmaak en netheid van die kombuis en eetsaal. Hulle ontvang ook opleiding om verversings vir interne vergaderings te maak.

Was en strykdiens

Hierdie afdeling hanteer al die inwoners en die sentrum se wasgoed en funksioneer soos 'n wassery. Hulle was ongeveer 750kg wasgoed per week.

Instandhoudingsdiens

Hulle help met herstelwerk en die versorging van die geboue en die perseel en doen ook voorkomende instandhouding.

Hulle doen ook voorkomende instandhouding om die perseel in 'n top-toestand te hou.

Herwinning

Huis Horison se hart is groen. 

Hierdie groep, wat mense vanuit Huis Horison, Stellenbosch Werkssentrum en Kayamandi Forum for Differently Abled People insluit, sorteer karton, papier en glas. Ons wil graag 'n versoek doen aan besighede en huishoudings om vir ons jul herwinning te stuur, wat papier, bokse, koerante, ou boeke en tydskrifte insluit.

Lees meer

Skoonmaakdienste

Geen werk is te groot of te klein nie, en elkeen het 'n belangrike rol. Ons skoonmaakspan neem 'n kritiese funksie in vir die skoonmaak van kantore en gemeenskaplike ruimtes en om die perseel netjies en netjies te hou.