{"id":8181,"date":"2023-10-09T13:06:54","date_gmt":"2023-10-09T11:06:54","guid":{"rendered":"https:\/\/www.huishorison.org.za\/?p=8181"},"modified":"2023-10-09T13:29:28","modified_gmt":"2023-10-09T11:29:28","slug":"huldeblyk-aan-thulani-ubisi","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.huishorison.org.za\/en\/huldeblyk-aan-thulani-ubisi\/","title":{"rendered":"Huldeblyk aan Thulani Ubisi"},"content":{"rendered":"\n\t\t<div id=\"fws_6a67211a82d70\"  data-column-margin=\"default\" data-midnight=\"dark\"  class=\"wpb_row vc_row-fluid vc_row\"  style=\"padding-top: 0px; padding-bottom: 0px; \"><div class=\"row-bg-wrap\" data-bg-animation=\"none\" data-bg-animation-delay=\"\" data-bg-overlay=\"false\"><div class=\"inner-wrap row-bg-layer\" ><div class=\"row-bg viewport-desktop\"  style=\"\"><\/div><\/div><\/div><div class=\"row_col_wrap_12 col span_12 dark left\">\n\t<div  class=\"vc_col-sm-12 wpb_column column_container vc_column_container col no-extra-padding inherit_tablet inherit_phone \"  data-padding-pos=\"all\" data-has-bg-color=\"false\" data-bg-color=\"\" data-bg-opacity=\"1\" data-animation=\"\" data-delay=\"0\" >\n\t\t<div class=\"vc_column-inner\" >\n\t\t\t<div class=\"wpb_wrapper\">\n\t\t\t\t\n<div class=\"wpb_text_column wpb_content_element \" >\n\t<div class=\"wpb_wrapper\">\n\t\t<blockquote><p>\nHuldeblyk aan Thulani &#8211; Deur Fancois Burrows\n<\/p><\/blockquote>\n<p>Ek weet daar is baie van julle wat Thulani langer as ek geken het. Ek het hom vanaf 2016 geken. So ek praat uit daai ervaring en namens die inwoners wat in Houtwerk werk.<\/p>\n<p>Op mens se lewenspad kom jy\u00a0 in kontak of ontmoet jy baie persone &#8211; hetsy op persoonlike of werksvlak. Ek verstuit my om te s\u00ea dat min &#8216;n blywende indruk laat. As jy terugdink vergeet jy selfs mense se name, wat nog te s\u00ea indruk laat.<\/p>\n<p>Daar is egter mense wat deur hul geaardheid en dade groot staan in jou geheue.<\/p>\n<p>Uit my ervaring en ek is seker uit baie van julle se ervaring was Thulani so &#8216;n mens \u00a0&#8211; wat n indruk gemaak het.<\/p>\n<p>Hy het indruk gemaak met sy ongelooflike geduld \u2013 geduld met inwoners sowel as personeel. &#8216;n Gemoedelike, vriendelike en opregte persoon wat altyd tyd gehad het vir ander.<\/p>\n<p>Maar meer as net geduld \u2013 hy het \u00a0deernis vir inwoners gehad. Hy het hulle regtig lief gehad. Dit is n baie uitdagende werk om &#8216;n instrukteur by Huis Horison te wees en ek het groot respek vir die werk wat hy gedoen het, \u00a0sowel as die werk van die ander instrukteurs hier. Om seker te maak almal is by \u00a0die werk \u2013 die \u2018\u2019Waar is Rudi?\u2019\u2019 oomblikke, om uit te vind hoekom &#8216;n inwoner nie by die werksarea is nie tot konflik hantering.<\/p>\n<p>Thulani het &#8216;n spesiale band opgebou met al die inwoners. Die atmosfeer in Houtwerk was meestal joviaal. Hy het grappies gemaak met die inwoners en hulle laat gemaklik voel en in die proses hulle vertroue gewen om kennis en vaardighede oor te dra. In die 11 jaar wat hy by Huis Horison was het hy baie waarde tot inwoners se lewens gevoeg. Deur sy persoonlikheid en optrede het hy ook gehelp om die gevoel van \u2018\u2019belonging\u2019\u2019 en veiligheid te skep, wat hulle gelukkiger mense gemaak het.<\/p>\n<p>Hy het met sy werk ook indruk gemaak \u00a0\u2013 &#8216;n talent gehad om herstelwerk te doen. Baie kere het kli\u00ebnte ingekom met stukkende meubels \u2013 waar ek dink\u00a0 &#8211; nee, kan jou nie help nie, dan sou Thulani vir my s\u00ea &#8211; \u201cNee, Francois ons maak hom reg!\u2019\u2019 So as Thulani ges\u00ea het ons kan dit nie regmaak nie, dan was daar regtig geen kans om die meubelstuk te herstel nie.<\/p>\n<p>Maar hy was ook bereid om hulp te vra \u2013 nie voorgegee hy weet alles nie.<\/p>\n<p>Hy het ook &#8216;n wonderlike werksetiek gehad \u2013 as daar baie werk ingekom het of ons moes produkte klaar kry vir Kermis, sou hy \u00a0al soggens voor 08h00 aan die werk wees , behalwe Dinsdagoggende as hy kliniek toe was, of baie middagete breket gaan eet het en dan weer begin gewerk het.<\/p>\n<p>Hy het indruk gemaak met die inisiatief wat hy kon neem, ek kon hom net &#8216;n foto van &#8216;n item wys of\u00a0 Whatsapp en voor ek weer sien dan het hy dit gemaak. En meestal is die items wonderbaarlik uit herwinde hout gemaak &#8211; deur rame of venster rame of al die ou hout fascias van die dakke wat afgehaal is.<\/p>\n<p>Ek kon staatmaak op hom om by\u00a0 spertye te hou. As daar eweskielik n versoek aan Houtwerk was vir geskenkies \u2013 kaasborde of houtboksies soos die boksies vir die inwyding van Disa. Telkemale het hy dit betyds met die hulp van die inwoners klaargekry.<\/p>\n<p>Thulani was betroubaar en omtrent altyd teenwoordig. Voor die tyd wat hy nou in die hospitaal was, was het hy omtrent nooit af siek nie. Definietief nooit al 30 siekverlof dae in n siklus \u2018\u2019gebruik\u2019\u2019 nie.<\/p>\n<p>Hy was entosiasties in sy omgang met kliente en het trots geneem in die werk wat hy gedoen het. So sou hy baie keer saamstap as hulle meubels kom afhaal en gemoedelike praatjies aanknoop en verneem of hulle tevrede is. Hy was n mens-mens.<\/p>\n<p>Maar geen persoon is volmaak nie, so was Thulani ongelukkig n Bulls ondersteuner. So nodeloos om te s\u00ea was Maandae oggende na n Bulls verloorslag oor die naweek uitdagendende tye vir hom. Die inwoners van Houtwerk het hom nooit laat vergeet dat die Bulls verloor het nie. Veral nie as die verloor teen die WP of Stormers was nie. Met die Bulls se rekord die afgelope paar jaar teen die Stormers het ek hom eintlik begin jammer kry en liefs niks oor rugby op &#8216;n Maandag met hom gepraat nie.<\/p>\n<p>Namens my en die inwoners wat in Houtwerk werk \u2013 Thulani ons mis jou.<\/p>\n<p>Ek sal selfs daai Dinsdag oggend Kliniek oproepe van \u2018\u2019Francois\u00a0 &#8211; kan Andrew my kom optel?\u2019\u2019 mis.<\/p>\n<p>So Thualni , daar waar jy is, mag jou geliefde Bulls altyd wen.<\/p>\n\t<\/div>\n<\/div>\n\n\n\n\n\t\t\t<\/div> \n\t\t<\/div>\n\t<\/div> \n<\/div><\/div>\n\t\t<div id=\"fws_6a67211a83f70\"  data-column-margin=\"default\" data-midnight=\"dark\"  class=\"wpb_row vc_row-fluid vc_row\"  style=\"padding-top: 0px; padding-bottom: 0px; \"><div class=\"row-bg-wrap\" data-bg-animation=\"none\" data-bg-animation-delay=\"\" data-bg-overlay=\"false\"><div class=\"inner-wrap row-bg-layer\" ><div class=\"row-bg viewport-desktop\"  style=\"\"><\/div><\/div><\/div><div class=\"row_col_wrap_12 col span_12 dark left\">\n\t<div  class=\"vc_col-sm-12 wpb_column column_container vc_column_container col no-extra-padding inherit_tablet inherit_phone \"  data-padding-pos=\"all\" data-has-bg-color=\"false\" data-bg-color=\"\" data-bg-opacity=\"1\" data-animation=\"\" data-delay=\"0\" >\n\t\t<div class=\"vc_column-inner\" >\n\t\t\t<div class=\"wpb_wrapper\">\n\t\t\t\t\n\t\t\t<\/div> \n\t\t<\/div>\n\t<\/div> \n<\/div><\/div>\n\t\t<div id=\"fws_6a67211a84569\"  data-column-margin=\"default\" data-midnight=\"dark\"  class=\"wpb_row vc_row-fluid vc_row\"  style=\"padding-top: 0px; padding-bottom: 0px; \"><div class=\"row-bg-wrap\" data-bg-animation=\"none\" data-bg-animation-delay=\"\" data-bg-overlay=\"false\"><div class=\"inner-wrap row-bg-layer\" ><div class=\"row-bg viewport-desktop\"  style=\"\"><\/div><\/div><\/div><div class=\"row_col_wrap_12 col span_12 dark left\">\n\t<div  class=\"vc_col-sm-12 wpb_column column_container vc_column_container col no-extra-padding inherit_tablet inherit_phone \"  data-padding-pos=\"all\" data-has-bg-color=\"false\" data-bg-color=\"\" data-bg-opacity=\"1\" data-animation=\"\" data-delay=\"0\" >\n\t\t<div class=\"vc_column-inner\" >\n\t\t\t<div class=\"wpb_wrapper\">\n\t\t\t\t\n\t\t\t<\/div> \n\t\t<\/div>\n\t<\/div> \n<\/div><\/div>\n\t\t<div id=\"fws_6a67211a84aff\"  data-column-margin=\"default\" data-midnight=\"dark\"  class=\"wpb_row vc_row-fluid vc_row\"  style=\"padding-top: 0px; padding-bottom: 0px; \"><div class=\"row-bg-wrap\" data-bg-animation=\"none\" data-bg-animation-delay=\"\" data-bg-overlay=\"false\"><div class=\"inner-wrap row-bg-layer\" ><div class=\"row-bg viewport-desktop\"  style=\"\"><\/div><\/div><\/div><div class=\"row_col_wrap_12 col span_12 dark left\">\n\t<div  class=\"vc_col-sm-12 wpb_column column_container vc_column_container col no-extra-padding inherit_tablet inherit_phone \"  data-padding-pos=\"all\" data-has-bg-color=\"false\" data-bg-color=\"\" data-bg-opacity=\"1\" data-animation=\"\" data-delay=\"0\" >\n\t\t<div class=\"vc_column-inner\" >\n\t\t\t<div class=\"wpb_wrapper\">\n\t\t\t\t\n\t\t\t<\/div> \n\t\t<\/div>\n\t<\/div> \n<\/div><\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"Huldeblyk aan Thulani - Deur Fancois Burrows Ek weet daar is baie van julle wat Thulani langer as ek geken het. Ek het hom vanaf 2016 geken. So ek praat...","protected":false},"author":3,"featured_media":7740,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[49],"tags":[],"class_list":["post-8181","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","category-horizon-house"],"_links":{"self":[{"href":"http:\/\/www.huishorison.org.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/8181","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"http:\/\/www.huishorison.org.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"http:\/\/www.huishorison.org.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"http:\/\/www.huishorison.org.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"http:\/\/www.huishorison.org.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=8181"}],"version-history":[{"count":1,"href":"http:\/\/www.huishorison.org.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/8181\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":8182,"href":"http:\/\/www.huishorison.org.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/8181\/revisions\/8182"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"http:\/\/www.huishorison.org.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/7740"}],"wp:attachment":[{"href":"http:\/\/www.huishorison.org.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=8181"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"http:\/\/www.huishorison.org.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=8181"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"http:\/\/www.huishorison.org.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=8181"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}