Skip to main content

Om ‘n Kermis van die format waaraan Huis Horison se gemeenskap gewoond is aanmekaar te sit is nooit ‘n maklike taak nie. Personeel, vrywilligers en borge spring in en doen altyd meer as wat van hulle verwag word en het weereens gesorg dat die Kermis van 2023 ‘n unieke, feestelike ervaring vir almal was.

Primêr sal dit seker altyd gaan oor die fondse wat dit vir Huis Horison inbring maar wat is ’n Kermis sonder pannekoek, roosterkoek, trifle en potjiekos? Alles was daar, en meer, van afval en wit olifante tot koffie en ontbyt, tesame met ’n uitstalling van veteraan-motors vir almal om te sien en te waardeer.

Huis Horison is bevoorreg om vrywilligers te hê wat gereeld hul dienste aanbied, en hierdie jaar het ons Kermis 170 vrywilligers gehad wat hul tyd afgestaan het om ons Kermis ‘n sukses te maak. Sonder hierdie ongelooflike mense sou ons nooit hierdie feestelike geleentheid kon aanbied nie.

Ons Kermis is elke jaar op die eerste Saterdag in November. Teken solank volgende jaar se datum aan, want op 2 November 2024 maak ons weer so . . . en die keer gaan ons die geskiedenis herskryf ter herdenkikng van ons 50’e verjaarsdag!

Kliek hier vir meer  foto’s

en_GBEnglish (UK)